Twintig jaar gelede was dié broekstyl net so gewild soos vandag. Maar nou het dit 'n effe deftiger gevoel as die sportiewe voorkoms van toe.
Cargo-jeans (R599), News by Foschini. Swart kantbloes (R799), H&M. Swart satynkamisool onder bloes (R229), Foschini. Naaswit baadjie (R3 499), Trenery. Goue ringe (R349 vir stel van 3), Aldo. Goue oorbelle (R170), Lovisa. Swart haksandale met leerbandjies (R1 899), Aldo. Strooi-en-kunsleerhandsak (R2 099), Guess.Foto: Cass Collett
GROOTTES
Jeans: 6 - 18
Bloes: XS - XXL
Kamisool: XXS - XXL
Baadjie: 4 - 18
Detail
Tekstuur tel by die stilering van 'n uitrusting. Blinkers op denim maak gewone jeans spesiaal, reg vir dag en aand.
Swart jeans met kunskristal-detail (R3 799), H&M Studio, eksklusief aanlyn by Superbalist.com. Wit katoenbloes met oorgroot strik (R1 199), H&M Studio, eksklusief aanlyn by Superbalist.com. Ligpienk knooptrui van wolmengelstof (R2 799), Trenery. Pet met swart-en-wit tandruit-patroon (R299), Woolworths. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Jeans: XS - L
Bloes: XS - XL
Trui: XXS - XXL
Hemp
Die denimhemp is nou losser, meer ontspanne. As jy wil wegbreek van klassieke blou, is naaswit 'n vars keuse vir enige uitrusting.
Roomkleurige denimhemp (R1 299), Levi's. Silwerkleurige kunsleer-oorvouromp (R699), Me&B. Roomkleurige handsakband van kunsleer met diamanté-blomdetail skuins oor lyf (R299), Woolworths. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Hemp: XS - XL
Romp: 32 - 46
Miniromp
Versag die struktuur van 'n A-lyn-miniromp met 'n laag-op-laag-voorkoms en valle en strikke.
Roomkleurige A-lyn-miniromp (prys op aanvraag), G-Star Raw. Roomkleurige, syagtige aangliprok met valle-detail (R799), H&M. Pienk syagtige haarstrikke op skouers (R220 elk), Lovisa. Goue armbande (R200 vir stel van 3), Lovisa. Pienk-en-wit tekkies (R1 699), Guess. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Romp: 24 - 34
Rok: XS - XXL
Maksiromp
Die één denim-item waarin jy hierdie seisoen moet belê. 'n Maksiromp beweeg naatloos van 'n minimalistiese tot 'n grunge-voorkoms, van naweekgemak tot kantoordrag.
Roomkleurige denim-maksiromp (R799), H&M. Swart-en-naaswit gestreepte hemp (R499), Woolworths. Sjampanjekleurige top van sy en maasstof (prys op aanvraag), KLûK CGDT. Roomkleurige blokhakskoene met kettingdetail (R549), Woolworths. Roomkleurige sonbril met goue detail op raam (R119), Foschini. Ligpienk kunsleerhandsak (R2 499), Guess. Oorbelle van herwinde koper en staal (R799), H&M Studio, eksklusief aanlyn by Superbalist.com. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Romp: XS - XXL
Hemp: 6 - 20
Top: Op aanvraag
Korset
Laat val die kollig op vroulike kurwes! Beklemtoon jou middellyf deur 'n korset pleks van 'n belt bo-oor jou rok te dra.
Denimkorset met diamanté-knope (R429), H&M. Swart eenskouer-midirok met pofmoue (prys op aanvraag), Trenery. Swart strikkie-oorbelle met diamanté-detail (R300), Lovisa. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Korset: XS - XXL
Rok: 4 - 18
Baadjie
Sedert 2022 is die snit van die denimbaadjie oorgroot en bonkig. As jy in die aand deftig wil lyk, maar nie te styf en formeel nie, is dié baadjie net reg.
Die noupassende jeans skuif eers op die agtergrond, want wyer pype is die broekstyl vir 2023. Raak kreatief en bind hakskoene se enkelbandjies bo-oor jou broekspype.
Wyepypjeans (R799), H&M. Top in donker denim (R899), Levi's. Slaprandhoed van blou bouclé (R329), Woolworths. Pienk satynhakskoene met diamanté-detail (R999), Luella by Foschini. Foto: Cass Collett
GROOTTES
Jeans: XS - XXL
Top: XS - X
Spesiale dank aan KLÛK CGDT Eiendomme vir die gebruik van Clarens in Fresnaye, Kaapstad.
Model Kyla Spykerman van Ice Models.
Grimering en hare Mary Gouveia van Lustre Grimeer- en haarassistent Tamika Devo.