Styl

Naak op die rooi tapyt

FOTO: Instagram (@amas)
FOTO: Instagram (@amas)

Ons het nooit gedink die dag sal kom dat ons so min rooi lippe op die rooi tapyt sien nie. Maar vanjaar tydens die Amerikaanse Musiektoekennings (AMA's) was die grootste skoonheids-trend nie rooi lippe nie, maar natuurlike (nude) lipkleure. En met goeie rede …

Neutrale en rosige skakerings is van die gewildstes onder vroue omdat dit die naaste aan jou natuurlike lipkleur is. Dit skep 'n natuurlike dog stylvolle en sjiek voorkoms en kan moeiteloos in een veeg aangewend word. Dra dit saam met 'n helderkleurige oogskadu of rokerige ooggrimering om jou oë te beklemtoon en jy het 'n wen-kombinasie!

Dié bekendes het almal 'n neutrale of rosige lipkleur op die AMA's se rooi tapyt gedra:

Jenna Dewan Tatum

Nicole Kidman

Demi Lovato

Lea Michele

Camila Mendes

Hailee Steinfeld

Soms is dit moeilik om die regte skakering nude te vind sonder om té bleek te lyk.

Hier is wenke om 'n skakering te kies wat by jou gelaat pas:

As jy 'n ligte velkleur het, kies nude skakerings met sagpienk of rooskleurige ondertone. 'n Sonbruin gelaat lyk weer mooier met 'n lipglans met karamel of brons ondertone. Die geheim is om 'n "warmer" kleur op jou lippe te gebruik sodat daar 'n onderskeid tussen jou lippe en jou gesig is.

'n Laaste wenk …

As jy vinnig 'n neutrale lipstiffie moet kies, wend dit net in die middel van jou lip aan, stel die bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown voor. As die kleur amper verdwyn, is dit die regte kleur. As dit "aangeplak" lyk, is die kleur te lig, en as dit oranje voorkom, is die kleur te donker.

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM