Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, bewys keer op keer sy het styl. En met haar nuutste uitrusting kry sy weer 10/10 by die SARIE-modespan.
Die hertogin het gister die openingsaand van die musiekblyspel 42nd Street in Londen bygewoon. Sy het ’n Marchesa Notte-rok van $1,195 (sowat R16 394) gedra. Die rok is ongelukkig reeds uitverkoop, want as Kate iets dra wil die res van die wêreld dit ook hê.
Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, dink die moderne kleur komplementeer die pragtige klassieke snit.
"Dis regtig ’n pragtige rok."
Wat dink jy daarvan?
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images













