Al gehoor van jellie lippe? Sosiale media platforms soos TikTok en Instagram gons oor dié liptendens. 'n Matlipstiffievoorkoms kan maar vir eers opsy skuif, want jellie lippe is nou hoogmode!

Hoe nou?
Net soos wat die naam lui, lyk dié lipvoorkoms net soos jellie. Dink maar aan 'n voorkoms wat ekstra blink, sappig en vol glans lyk. Om die voorkoms te vervolmaak, is kleur die antwoord - dít lyk veel meer soos jellie as 'n neutrale lipskakering.
Skep die voorkoms so:
1. Omlyn jou lippe met 'n neutrale lippotlood.
2. Kies 'n kleurryke lipstiffiekleur ('n vloeibare of gewone lipstiffieformule is in die kol) en wend dit in die middel van jou bolip sowel as jou onderlip aan.
3. Gebruik jou vinger om dit effens in te skakeer om 'n sagte, gevlekte voorkoms te skep.
4. Wend 'n dik laag van deursigtige lipglans oor jou lippe vir 'n plomp lipvoorkoms.
WENK!
As jy met droogheid sukkel, is dit noodsaaklik om jou lippe korrek voor te berei. Kies 'n lipsalf met voggewende bestanddele soos hialuroonsuur of galambotter om jou lippe goed te bevog en gehidreerd te laat.

Probeer die produkte:
La Roche-Posay Cicaplast Barrier Repairing Balm (R145)

Avène Cicalfate+ Repair Lip Balm (R155)

essence Soft and Precise Lip Pencil in 202 My Mind (R26)

Clarins Lip Definer in 02 Nude Beige (R420)

M.A.C Powder Kiss Lipstick in P For Potent (R440)

Catrice Shine Bomb Lipstick in Queen of Hearts (R114)

Kylie Cosmetics by Kylie Jenner High Gloss in Crystal (R400) ByArc

M.A.C Lipglass Clear (R380)

















