Styl

Nuwe haarkleur vir Kate Hudson

Platinumblond is een van die gewildste haarkleure onder bekendes: Almal van Kim Kardashian tot Taylor Swift, Kirsten Stewart en Jennifer Lawrence het al daarmee geëksperimenteer. 

Nou het die aktrise Kate Hudson ook dié gewaagde skakering gekies. Sy het Maandagaand tydens die jaarlikse Met-gala in New York met haar nuwe haarkleur gespog. En dit pas haar perfek!

Kate Hudson

Wil jy ook jou hare platinumblond kleur? Dís wat jy moet weet: 

– Dis ’n gewaagde haarkleur wat die beste pas by ’n ligte gelaat met ’n koel of pienk ondertoon. By ’n donkerder gelaat kan dit jou gesig maklik vaal, uitgewas en ouer laat lyk.

– Hoe donkerder jou hare, hoe meer kleursessies (tot drie salonbesoeke!) gaan dit neem om by platinumblond uit te kom. Jou hare moet eers geleidelik ligter gebleik word voordat die stilis dit kan kleur.

– Tydens die bleikproses word die kutikel (die buitenste deel van die haar) beskadig, wat veroorsaak dat vog makliker uit jou hare ontsnap. Wanneer jy jou hare was, gebruik ’n bevogtigende sjampoe en opknapper om vog terug te sit.

– Platinumblonde hare kan ná ’n ruk geel lyk, veral as jy gereeld in die son kom. Gebruik af en toe ’n sjampoe en opknapper (soos ’n silwer of pers sjampoe) wat geelheid teenwerk. Wees ook op die uitkyk vir stileringsprodukte wat jou hare teen UV-strale beskerm.

– Moenie jou platinumblonde hare met hitte stileer sonder om ’n hittebeskermingsproduk te gebruik nie. Dit sal jou hare net nog meer uitdroog.

– As jy jou hare platinumblond kleur, gaan jy gereeld die kleur by jou wortels moet laat opknap soos wat dit uitgroei.

Lees nou

Die musiekvideo waaroor almal gons

Dra rooi op jou oë soos Selena Gomez

Charis Labuschagne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM