Styl

Nuwe Hollywood-trend: Glashare!

FOTO Instagram/ Lucy Hale
FOTO Instagram/ Lucy Hale

Baie bekendes stileer hul hare deesdae in dié styl ... Hul kapsels is so blink en perfek dat dit nou amptelik "glas"-hare genoem word! Baie vroue is lus vir iets nuuts en anders as net golwende hare.

Die nuwe haar-trend is 'n stompgesnyde bob met ekstra glans. Die lob (of lang bob) is nou hoogmode en glashare is ideaal om dié styl op te kikker. Dis die perfekte kombinasie: 'n bob wat in een lengte gesny is, en 'n ekstra blink en gladde tekstuur wat die reguit styl komplementeer.

Só dra bekendes die glas-trend:

Kim Kardashian

FOTO: Instagram/@kimkardashian
FOTO: Instagram/@kimkardashian

Lucy Hale

FOTO: Instagram/@lucyhale
FOTO: Instagram/@lucyhale

Hailey Baldwin

FOTO: Instagram/@jennifer_yepez
FOTO: Instagram/@jennifer_yepez
FOTO: Instagram/@jennifer_yepez
FOTO: Instagram/@jennifer_yepez

Olivia Culpo

FOTO: Instagram/@oliviaculpo
FOTO: Instagram/@oliviaculpo

Kry dit só:

* Eerstens, dis belangrik dat jou haarpunte gereeld gesny word om dit netjies en gesond te hou en jou hare te laat blink.

* Wend 'n stileerproduk op jou hare aan en gebruik 'n groot, ronde borsel om jou hare reguit uit te blaas. Stryk dit dan glad met 'n haaryster.

* Rond die haarstyl af met 'n haarolie, -serum of glanssproei vir ekstra blinkheid. Vryf die produk in jou hande en wend dit met jou vingerpunte aan.

* Blaas laastens jou hare weer vinnig uit om te verseker dat die ekstra glans deur die dag behoue bly.

Probeer dié produkte:

1. INOAR Argan Oil Treatment (R560). By uitsoeksalonne en www.inoar.co.za

2. Palmer's Coconut Oil Formula Coconut Oil Hair Polisher Serum (R110)

3. TIGI Masterpiece Shine Hairspray (R295). By Dis-Chem.

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018
SARIE Voorbladgesig 2018

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM