Styl

Nuwe trend: Chroom-naels!

Ons het dit eerste by verlede jaar se Met Gala op die supermodel Gigi Hadid se naels gesien … nóú begin chroom-naels die skoonheidswêreld en Instagram oorheers.

Volgens die sosialefotonetwerk Pinterest het die gewildheid van dié nael-voorkoms die afgelope jaar met meer as 500% toegeneem soos wat al hoe meer mense foto’s van chroom-naels op die netwerk deel, berig die tydskrif

Seventeen aanlyn. Hulle voorspel dat dit een van 2017 se groot nael-trends gaan wees!

Die superblink metaalskakering lyk glansryk en treffend op jou naels. Om die voorkoms te kry gebruik naelsalonne gewoonlik fyn blink pigmente wat hulle op jou naels aanwend en dan seël met ’n deursigtige bolaag. As jy tuis die voorkoms wil skep, is ’n glinsterende metaal-silwer skakering ’n goeie alternatief. Probeer ook ander metaalkleure soos goud, roosgoud en ’n blink pers of pienk.

Chroom-naels werk veral goed op kort naels omdat die glans lig weg van jou naels af reflekteer, wat dit groter laat lyk. Boonop sal krakies nie so sigbaar wees soos op langer naels nie.

Wat dink jy?

Lees nou

5 dinge wat jy moet weet voor jy jou haarkapper besoek

Elma Smit-blog: Die plooi-oorlog

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM