Styl

Nuwe trend: Omgekeerde 'balayage'

Die balayage-haarkleurtegniek is op die oomblik een van die gewildste haarkleur-trends in SA. Die tegniek behels dat ligstrepies met die vrye hand in die hare geverf word sodat die verskillende skakerings mooier inmekaarvloei. Die hare word al ligter ondertoe, asof die son dit natuurlik só gekleur het.

Nou het 'n nuwe weergawe van die balayage op Instagram vlamgevat - die sogenaamde "omgekeerde" balayage. Pleks daarvan dat die hare ligter word ondertoe, word met die ligste kleur by die wortels begin en word dit geleidelik donkerder tot by die punte.

Só lyk die gewone balayage-voorkoms ...

En dís die nuwe omgekeerde balayage:

Volgens die Amerikaanse tydskrif Allure aanlyn word die tendens veral gewild omdat dit vroue met blonde hare in staat stel om te eksperimenteer met 'n donkerder haarkleur, sonder dat dit te veel skade aan hul hare aanrig. Die omgekeerde balayage sal egter meer opknappingsessies verg as die gewone een.

Nie almal is aanhangers van dié nuwe haarkleurtegniek nie. 'n Hele paar skoonheidsliefhebbers op Instagram het al laat blyk hulle dink dit lyk onnatuurlik en "gedoen". Wat dink jy daarvan?

Bronne: www.allure.com, www.popsugar.com

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM