Danika Eichstädt is een van 13 finaliste in vanjaar se SARIE Matriekafskeidrok-kompetisie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria
Danika Eichstädt is een van 13 finaliste in vanjaar se SARIE Matriekafskeidrok-kompetisie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria
Datum van matriekafskeid?
5 Oktober 2024
Kort verduideliking van jou rok- of ontwerpkeuse
Die korset is 'n simbool van tydlose, klassieke elegansie. Wanneer dit gekombineer word met 'n wye balrok, skep dit 'n pragtige en gesofistikeerde voorkoms.
Hierdie kombinasie is ideaal vir enige meisie se prinsesrok omdat dit 'n balans tussen formaliteit en speelsheid bied. Die blommetjie-ontwerp op my rok voeg 'n speelse en romantiese element by. Blomme gee die rok tekstuur.
Wat was die inspirasie vir jou rok?
Die inspirasie vir my rooi balrok met die blommetjie-ontwerp kom van 'n romantiese tuin in volle blom. Die rok kan die elegansie van 'n bal laat herleef, terwyl die blommetjies 'n speelse en natuurlike element toevoeg.
Dit kan ook die idee weerspieël van 'n moderne prinses wat klassieke skoonheid met hedendaagse styl kombineer. Ek het rooi gekies, want die kleur is tydloos.
Wat was jou gunstelingdeel van die rok?
Die korset met lospassende moue wat my laat voel het asof ek sweef - dis uniek en anders as dié van 'n gewone balrok.





















