Styl

Ontwerper van Cintaine se trourok gesels

FOTO’S Janita Toerien (Ontwerp) en Jenni Elizabeth
FOTO’S Janita Toerien (Ontwerp) en Jenni Elizabeth

Pure stadsprokie. Verlede November het die bekroonde aktrise Cintaine Schutte in Kaapstad getrou. Sy het beeldskoon gelyk in 'n Janita Toerien-skepping.

Die inspirasie? Die boheemse styl.

"Sag en vloeibaar, gemaklik om te dra en met subtiele details," verklap die ontwerper van Stellenbosch. "Om meer detail in te bring het ek voorgestel dat ons die styllyne van die rok beklemtoon met moderne kralewerk om die neklyn, ruglyn en kurwes van die heuplyne."

Dieselfde tipe krale is gebruik as waarvan Cintaine se treffende oorbelle gemaak is.

Verskillende kleure is ingespan vir die rok. "Ons wou gehad het dat die kant mooi vertoon word en het dus onderaan 'n kleur gekies wat 'n bietjie donkerder is as haar natuurlike velkleur."

FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth
ONTWERP Janita Toerien
ONTWERP Janita Toerien

Warm pienk en beige is vir die rompgedeelte gebruik. "Dit gee dimensie aan die romp."

Vir Janita was dit wonderlik om met 'n kreatiewe siel te werk. "Sy het 'n waardering vir die kreatiewe proses en hoewel ons 'n raamwerk gehad het, het sy ons vryheid gegee om oor die details te besluit. Sy is rustig en liefdevol."

Die rok het 120 uur geneem om te maak en was binne vier maande voltooi.

Sien die pragtige troufoto's van Cintaine en akteur Carel Nel in SARIE se Januarie-uitgawe.

LEES OOK:

Cintaine se trouvoorkoms: Dít pas by elke bruid

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM