Styl

Oscars: Naak op die rooi tapyt

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images (AFP Contributor)

Ons het nooit gedink die dag sal kom dat ons so min rooi lippe op die rooi tapyt sal sien nie. Maar vanjaar tydens die Oscars was die grootste skoonheidstrend nie rooi nie, maar nude. En met goeie rede …

Nude skakerings is van die gewildste onder vroue omdat dit die naaste aan jou natuurlike lipkleur is. Dis skep 'n natuurlike tog stylvolle en sjiek voorkoms en kan in een veeg moeiteloos aangewend word. Dra dit saam 'n pienk, goue of sjampanje-kleurige oogskadu of rokerige voorkoms om jou oë te beklemtoon en jy het 'n wen-kombinasie!

Kyk net na dié bekendes se pragtige nude lippe op die Oscar rooi tapyt:

Margot Robbie

Saoirse Ronan

Zendaya

FOTO: Instagram (@zendaya)
FOTO: Instagram (@zendaya)

Jennifer Garner

FOTO: Instagram (@hairbyadir)
FOTO: Instagram (@hairbyadir)

Soms is dit moeilik om die regte skakering nude te vind sonder om effens bleek te lyk. Hier is wenke om 'n nude lipskakering te kies wat by jóú gelaat pas.

Vir 'n ligte velkleur ...

As jy 'n ligte velkleur het, kies nude skakerings met sagpienk of rooskleurige ondertone. Die geheim is om 'n "warmer" kleur op jou lippe te gebruik sodat daar 'n onderskeid tussen jou lippe en jou gesig is. Vir 'n baie wit, melkerige gelaat werk 'n deurskynende nude skakering met 'n glans-afwerking goed.

Allison Williams

FOTO: Instagram (@_thecolourbar)
FOTO: Instagram (@_thecolourbar)

Vir 'n donkerder gelaat ...

'n Olyfkleurige gelaat kan byna enige skakering van nude dra. Mik ook vir skakerings wat donkerder is as jou vel. Warm skakerings met karamel ondertone en 'n tikkie brons of glans lyk mooi op dié gelaatskleur. En niks komplementeer 'n bruingebrande vel so goed soos 'n eenvoudige nude lipglans nie.

Gina Rodriguez

FOTO: Instagram (@carissaferreri)
FOTO: Instagram (@carissaferreri)
Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM