Styl

Só maak jy oulike origami-servette vir Paasfees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak só origami-servette vir Paasfees.
Maak só origami-servette vir Paasfees.

Stap 1:Maak 'n papierservet oop en vou dit in die helfte sodat dit vierkantig is.

Stap 2: Vou dit weer in die helfte.

Stap 3: Vou dit in die helfte om die middellyn te merk. Maak dit oop. Vou die een kant op 'n 45 °-hoek sodat die rand in lyn is met die middel. Maak weer oop.

Stap 4: Skep 'n diamant onder die vorm deur die onderkant in 'n driehoek te vou.

Stap 5: Skep 'n vlieërvorm deur die hoeke binnetoe te vou, sodat albei net-net nie in die middel is nie.

Stap 6: Draai die servet om sodat die agterkant van die ontwerp na jou toe kyk. Vou die punt binnetoe sodat die vlieër weer 'n driehoek is.

Stap 7: Rol die boonste hoek binnetoe tot dit net verby die middel is. Herhaal. Vou die linkerkant bo-oor die regterkant, en steek dit in die klein kantsakkie van die linkerkant.

Stap 8: Bind 'n lint met 'n watteballetjie om die basis van die servet, en voilà!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM