Styl

Parys Modeweek: Dís nou hoogmode op die skoonheidsfront

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Dit was onlangs die Paryse Modeweek en soos met enige ander belangrike mode- en skoonheidsgeleentheid het daar verskeie nuwe tendense voelers uitgesteek. Daar is opwindende haar- en grimeerneigings wat jy op die proef kan stel.

Versieringskuns vir jou oë

Die immergewilde katoog kan opsy staan, driedimensionele verfraaiing vir jou oë is nou in die kol.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Ongewone lipkombinasies

Die fokus is opnuut op lipomlyner. Gebruik lipomlyner om nie net jou lippe foutloos te laat lyk nie, maar probeer 'n speelse aanslag. By Vivienne Westwood se modevertoning het modelle 'n verskeidenheid lipstiffies en lipomlyner gedra. Dink aan bruin en pienk of pienk en rooi, daar is opwindende kleurkombinasies wat jy kan dra.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Oorgroot vlerke

In plaas van 'n subtiele gevlerkte oogvoorkoms, kombineer rokerige oogskadu met 'n oorgroot vlerk. By Chanel se modevertoning het dit die koppe laat draai.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Verfomfaaide krulle

'n Sorgelose krulvoorkoms wat herinner aan die bekende sewentigerjare is hoogmode. By die Chloé modevertoning is so 'n voorkoms op al die modelle geskep, krulle wat ingeleef lyk met mooi tekstuur.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM