Styl

Pienk lippe in die winter

Girl Applying Red Lip Gloss To Her Beautiful Lips (unknown)

Die kleur wat jy kies om te dra kan ’n groot verskil maak aan hoe jy voel en hoe ander jou sien. Selfs die kleinste tikkie kleur, soos op jou naels of lippe, het ’n invloed.

Kikker vandag saam met die SARIE-span jou winter op met ’n pienk lipstiffie! Perskepienk, helderpienk, pastelpienk ... daar is een vir jóú velkleur én persoonlikheid!

Van al die kleurryke lipstiffies is pienk die gewildste onder vroue, moontlik omdat dit die naaste aan jou natuurlike lipkleur is. Pienk is ’n vertroostende, kalmerende kleur en simboliseer ook geluk en positiwiteit. Dit skep die gevoel van optimisme. In ’n wêreld wat swaarkry, is pienk beslis ’n kleur wat ons nodig het.

As jy met helderder lipkleure wil begin eksperimenteer, is pienk ’n goeie kleur om mee te begin omdat dit nie te uitspattig is nie. Kies eers ’n ligter, rosige skakering en belê dan in helderder skakerings waarmee jy gemaklik voel.

Kies jou staatmaker-pienk:

Vir ligte gelaatskleure ...

Voel jy ...Romanties en gesofistikeerd? Probeer pastelpienk.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/8fe0cccdc25b4b4d89db9ab0df55a11d.jpgVars en vrolik? Probeer vaalpienk.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/f30ae1fa83c3422a85b0af20f498cc69.jpgVir donker gelaatskleure ...

Voel jy ...Opgewek en elegant? Probeer perskepienk met ligte geel ondertone wat jou gelaat verhelder.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/7a2f38cd829f41969819d38fc5acc5db.jpgAvontuurlustig en sexy? Probeer helderpienk vir kyk-na-my-lippe! 

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/aa4515dd71d04c4c8d1b03e4287f466b.jpgDié skakerings lyk mooi by alle gelaatskleure

Voel jy ...Elegant en sprankelend? Probeer ballerinapienk.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/af3d0bfdd6eb43eaadb7c29b41e70073.jpgRomanties en subtiel? Probeer roospienk.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/2ecf3a65b3c0421594e3417fc59b7fc2.jpgSexy en waaghalsig? Probeer bessiepienk vir intense kleur.

(Monica Pienaar)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6238/75cee73bfcfa42ae943ed8ae4de46c4f.jpg

Kies jou lippe-voorkoms

Lipstiffie + lipomlyner = langdurige kleur

Kleur eers jou lippe heeltemal in met ’n lipomlyner in dieselfde kleur as jou lipstiffie voordat jy die lipstiffie aanwend. Die kleur sal dan langer hou.

Lipstiffie + verbloemer = ’n voller mond

Tik verbloemer in die hoeke van jou mond voordat jy lipstiffie aanwend. Dit vul die “holtes” in en laat jou mondgedeelte voller en jonger lyk.

Lipstiffie + lipglans = gevlekte lippe

Lippe wat lyk asof dit net effens met kleur gevlek is, lyk natuurlik en vroulik. Tik ’n helderpienk lipstiffie liggies met jou ringvinger op jou lippe. Wend dan ’n deursigtige lipglans of lipsalf aan jou bo-lip en pers jou lippe saam om die kleur te versprei.

Só lyk gevlekte “ombré”-lippe

Probeer een van dié pienk lipkleure

Lees nou

5 maniere om jou uitgeblaasde haarstyl langer te laat hou!

Eet sjokolade sonder skuldgevoel

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM