Ons ken haar as die aktrise met die groot bos rooi hare, die wye mond en aansteeklike lag. Dit voel soos gister toe ons op die 23-jarige Julia Roberts verlief geraak het in haar rol as Vivian Ward in Pretty Woman, maar Saterdag vier sy sowaar haar 50ste verjaardag.
Om dit te vier verskyn Julia op die Harper's Bazaar-voorblad van November 2017.
Sy lyk ongelooflik in 'n bloedrooi Ralph & Russo-rok, wat ons laat terugdink het oor haar styl deur die jare. Hier is van ons gunsteling-uitrustings.
In haar 20's:
By openingsaand van Steel Magnolias in 1989 in New York dra Julia 'n baadjie as 'n minirok.

In 1991 wen Julia 'n Golden Globe en dra weer haar baadjie as 'n minirok. Dié voorkoms herhaal sy later weer.

Saam met haar vorige man, Lyle Lovett, by die New Yorkse Filmfees in 1993. Julia lyk ongelooflik in 'n gestreepte broekpak.

In haar 30's:
Saam met Benjamin Bratt by die Emmy's in Los Angeles, 1999. Haar eenvoudige swart rok lyk baie sexy van agter.


In 2001 wen Julia die Oscar vir beste aktrise vir haar spel in Erin Brockovich. Sy dra 'n vintage-styl Valentino-rok.

In 2004 straal Julia by die Oscars in 'n sjampanjekleurige rok met diamanté-detail.

In haar 40's
In 'n Giorgio Armani-rok in 2008. Dit was by die jaarlikse Met Gala in New York.

In 2010 in 'n wit broekpak met treffende rooi hakke by Eat Pray Love se openingsaand in Londen.

By vanjaar se Oscars in 'n swart kantrok met peplum-detail.

Wat ons tref van Julia se styl is haar liefde vir broekpakke en swart of neutraalkleurige rokke.
Watter uitrusting van Julia is jou gunsteling?













