Eers 'n moontlike (ou) nuwe kêrel en nou 'n nuwe kroon. Die Amerikaanse sanger Selena Gomez kuier nie net saam met Justin Bieber nie, maar het ook haar hare blond gekleur.
Sy het gister met hierdie nuwe haredos by die jaarlikse Amerikaanse Musiektoekennings verskyn. En haar uitrusting? Die aand se gewildste kleur: swart.
Selena het 'n stywe, swart minirok van leer gedra en die SARIE-modespan is gaande daaroor.
Hierdie bekendes het ook gisteraand geskitter:
Hailee Steinfeld, sanger en aktrise
Madelaine Petsch, aktrise
Jenna Dewan, aktrise
Ashlee Simpson, sanger
Ciara, sanger
Skylar Grey, liedjieskrywer en sanger
Laura Marano, Amerikaanse aktrise













