Styl

Selena Gomez skeer haar hare

FOTO: Instagram (@selenagomez)
FOTO: Instagram (@selenagomez)

Binne net 'n paar maande het Selena Gomez al verskeie keer met 'n nuwe haarstyl gespog … en nou het sy sommer 'n gedeelte daarvan afgeskeer.

Selena het gister dié foto van haar met 'n splinternuwe undercut op Instagram gedeel. Die snit is pret en waaghalsig en ons dink dis 'n slim plan as jy lus is om iets nuuts en rebels met jou hare te doen, sonder om 'n té groot transformasie te ondergaan. As jy soos Selena net die onderste deel van jou hare afskeer, kan jy dit ook maklik onder jou los hare wegsteek.

Selena is nie bang om met haar hare te eksperimenteer nie.

Sedert Julie verlede jaar het sy elke drie maande iets aan haar hare verander ...

Sy het dit afgeskop deur haar lang hare in 'n lang bob te sny.

Toe verras sy aanhangers deur by die Amerikaanse Musiektoekennings met blonde hare op te daag.

Vanjaar het sy teruggekeer na haar brunet haarkleur en haar hare in 'n korter bob gesny.

Watter een van Selena se haarstyle is jou gunsteling?

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM