Elkeen van ons het ’n denim-item of twee. Dis dalk ’n baadjie, jeans, romp of rok. Nou is die groot vraag: hoe gewaagd moet jy met jou denimklere wees? Sal jy die nuwe uitrafel-tendens volg?
Wie kan nou Britney Spears en Justin Timberlake se denim-flater van 2001 vergeet ... Behoede ons tog daarvan dat ons ook eendag soos dié twee na ou foto's kyk en dan dink: "Wat het deur my kop gegaan toe ek dít aantrek?"
Hier volg die denim-uitrustings waaroor ons onseker is. Dit weerspieël wel sekere trends wat nou groot is, maar is dit nie dalk net te veel nie? Wat dink jy, sal jy dit waag?
Is die ‘step fray jeans’ die volgende gróót trend?
#1 Denim-op-denim
Nee, dit is nie soos ons denim-op-denim ken nie. ’n Denim-rokbroek (culotte) bo-oor jeans is vir seker ’n nuwe uitvindsel!
#2 Uitgerafelde oorvou-romp
’n Romp oor jeans: dis terug!
#3 Uitgerafelde broeksoom
Uitgerafel is groot, maar jy kry dit in verskillende style ...
#4 Asimmetriese denimhemp saam met uitklok-jeans
Só lyk die moderne weergawe van denim-op-denim!
#5 Asimmetriese uitgerafelde rok
Asimmetries is groot vir 2016, so ook teksture en onafgewerkte items.
#6 Uitgerafelde uitklok-jeans met splete
DIY-jeans is iets wat jy oral sien. Die goeie nuus is dat jy jou eie verweerde ou jeans kan verander in ’n moderne item.
#7 Laaste, maar nie die minste nie!
Laswerk aan die agterkant van die jeans. Dit is ’n uiters vreemde tendens wat ons hoop uitgeroei sal word ...













