Die grootste juweel-trend vanjaar is vir seker om soveel moontlik items saam te dra – of dit nou halssnoere, armbande óf ringe is.
Hier is ’n paar maniere waarop jy die trend kan volg, met van ons gunsteling-items.
Dra meer as een fyn halssnoer met hangertjies op een slag

Sterlingsilwer-halssnoer verguld in 24 kar.-goud met sirkoonstene, Nomination

9 kar.-roosgoud-halssnoer met engelvlerk-hangertjie met sirkoonstene, Nomination

Vlekvryestaal-halssnoer met kruis-hangertjie in 9 kar.-goud, Nomination
Baie armbande aan ’n arm

Beige leerarmband wat om jou arm draai, Nomination

Sterlingsilwer-armband verguld in 24 kar.-goud met sirkoonstene, Nomination

Vlekvryestaal-rekarmband met detail in 18 kar.-goud en halfedelstene, Nomination
Versier jou hande met baie ringe

Sterlingsilwer-ring verguld in 24 kar.-goud met sirkoonstene, Nomination

Vlekvryestaal- rekbare ring met detail in 18 kar.-goud en sirkoonstene, Nomination

Sterlingsilwer-ring met detail in 18 kar.-roosgoud, Nomination
Het jy geweet die Italiaanse juweelhandelsmerk Nomination is vanjaar 30 jaar oud? Ter viering van hul verjaardag het hulle hierdie spesiale armband geskep.















