Grimeer jy elke dag dieselfde? Wees 'n bietjie meer waaghalsig en eksperimenteer met iets nuuts! Sogenaamde ''sonsondergang"-oë - waar oogskaduskakerings in pienk, oranjerooi, roes en bruinrooi oor die ooglid geskakeer word - is deesdae 'n reuse-trend.
Buiten dat dit oral op Instagram gesien word, is dié treffende voorkoms vir die oë ook op die loopplank en rooi tapyt gewaar. Boonop kan jy jou #sunseteyes dramaties óf subtiel en sag dra.
Kies een van die sonsondergangkleure óf 'n kombinasie daarvan en skakeer dit sommer met jou vinger oor jou boonste ooglid in totdat dit uitgewas lyk en herinner aan 'n sonsondergang met een of meer kleure.
Kombineer dit met 'n helder rooi of pienk lipstiffie. 'n Neutrale skakering met 'n glans- of satynafwerking lyk ook mooi. Moenie jou te veel bekommer dat die lipstiffie-skakering by jou oogkleure moet pas nie. Hou die res van jou grimering subtiel.
Sonsondergang-oë vir die loopplank
Kyk net die verskillende maniere waarop jy met dié trend kan speel:
Dramatiese kyk-na-my-oë
Net een sonsondergang-kleur
Wenk: Oranje lyk mooi by groen oë terwyl goue skakerings bruin oë laat uitstaan.
Slegs oogomlyner
Sag en subtiel
Sonsondergang-oë hoef nie nét dramaties te wees nie. Kyk net Selena Gomez se mooi sagte grimering ...
Sexy en rokerig
Wenk: Wend eers die ligte skakering op jou oë aan en daarna al hoe donkerder. Dit is dan makliker om jou oogskadu te skakeer.
Bronne:www.refinery29.com, www.lorealparisusa.com, www.glamour.com













