Die wêreldpremière van Star Wars: The Force Awakens het gisteraand in Hollywood plaasgevind. Dié langverwagte film in die gewilde reeks het talle A-lys-sterre opgelewer.
Volgens People was dít een van die grootste premières in ’n baie lang tyd. Die film is net vir die BBP-gaste gewys in 3 verskillende teaters in Los Angeles - insluitend die TCL Chinese-teater waar die oorspronklike Star Wars vir die eerste keer in 1977 gewys het.
Selfs die Stormtroopers het die rooi tapyt benut!
Harrison Ford (Han Solo) en sy vrou, Calista Flockhart
Carrie Fischer speel weer die rol van Leia
Die aktrise Daisy Ridley speel die rol van Rey - mense vermoed dat sy die dogter van Han en Leia is
Lupita Nyong'o speel die rol van Maz Kanata
Akteur Adam Driver (Kylo Ren) en Joanne Tucker
Aktrise Gwendoline Christie (sy speel die rol van Captain Phasma)
Die pasgetroude paartjie Sofia Vergara en Joe Manganiello
Sofia het 'n Leia-geïnspireerde haarstyl gekies
Die akteur Joseph Gordon-Levitt speel dalk nie in die fliek nie, maar het besluit om in 'n yoda-kostuum op te daag
Star Wars: The Force Awakens begin môre in SA teaters draai.
Bron: People













