Met meer as 500 inskrywings vir vanjaar se kompetisie was dit amper 'n onmoontlike taak om die 30 finaliste aan te wys omdat al die inskrywings uit eie reg uitgestaan het.
Trotse matriekleerlinge van oor die land heen en selfs uit ons buurland Namibië het ingeskryf. Sommige jong mense het hul eie klere ontwerp en gemaak, terwyl ander se ma's, oumas en tantes handjie bygesit het. Party matrieks kon 'n droom-uitrusting leen, talle het uitrustings via die internet bestel en party het by ontwerpers aangeklop.
Daar is rokke in elke denkbare styl en kleur. Boonop beperk jong mans hulle lankal nie meer tot die tradisionele swart aandpak nie, en het self met kleure en patrone gespeel. Die jong mense se flair en kreatiwiteit het geen perke nie.
Daar is rokke in elke denkbare styl en kleur. Boonop beperk jong mans hulle lankal nie meer tot die tradisionele swart aandpak nie, en het self met kleure en patrone gespeel. Die jong mense se flair en kreatiwiteit het geen perke nie.

Só stem jy
Nou begin die proses om die wenners aan te wys.
Al wat jy hoef te doen om te stem is om 'n SMS na 34581 te stuur.
Begin jou boodskap met die woord MATRIEK met die kode van jou gunsteling-inskrywing (byvoorbeeld A1 of B1) daarna.
Die eerste stel matrieks se kodes begin met A, die tweede stel finaliste se kodes begin met B en vandeesweek se derde stel met C. Ons publiseer volgende week weer al 30 finaliste se foto's met hul kodes by.
Kyk ook op Rapport se Facebook-blad waar ons al die finaliste se foto's met hul stories en kodes sal publiseer.
Slegs een stem per selfoonnommer sal aanvaar word - jy kan dus nie 'n klomp stemme vir een kandidaat uitbring nie. Bondel- en betaalde SMS'e sal nie aanvaar word nie.
Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal nie verreken word nie.
Die stemmery sluit op Woensdag 15 November om 22:00. Die wenners word Sondag 19 November aangewys.
Die stemmery gaan moeilik wees, maar besluit self wat jou inspireer - die uitrusting, die foto of die storie.

Wenners stap weg met lekker pryse
- Die matriek(s) met die meeste stemme wen R7 000, asook 'n Huawei Nova 10 Pro-selfoon en R60 se lugtyd per maand vir 12 maande van store.smartcall.
- Die prys vir die tweede plek is R5 000, asook R60 se lugtyd per maand vir 'n jaar.
- Die derde plek kry R3 000 en lugtyd soos hierbo.
- Store.smartcall sal ook vir elk van die 30 finaliste 'n beperkte hoeveelheid data gee.
- Stadio se School of Fashion het Jolene Nel van Hoërskool Linden in Johannesburg aangewys as die wenner van die ontwerpkompetisie. Lees binnekort meer oor Jolene.





















