Styl

Supermodel verskyn op voorblad sonder grimering

FOTO: Instagram (@gisele)
FOTO: Instagram (@gisele)

Ons sien dit al 'n ruk lank raak. Al hoemeer spog internasionale en plaaslike bekendes met no-makeup selfies op sosiale media. Deesdae spoel die trend ook oorna die rooi tapyt en selfs voorblaaie. Pas het die voormalige supermodel GiseleBündchen op die voorblad van die Italiaanse Vogueverskyn sonder 'n tikkie grimering aan.

Die sogenaamde no-makeup-voorkoms bly nie sonder rede seisoen ná seisoen een vandie gewildste grimeertendense nie. Onlangse navorsing deur die internasionalenavorsingsmaatskappy Mintel wys bv. byna 60% van Amerikaanse vroue verkies 'n"natuurlike voorkoms", hetsy met of sonder grimering.

Hoewel daar beslis 'n skuif na minder ismeer is, beteken dit nie noodwendig net 'n gesig sonder grimering nie, maar ookgrimering wat so natuurlik en subtiel is dat dit lyk asof jy eenvoudig met 'nmooi gelaat uit die bed opgestaan het.

Hoe kry Gisele dit reg om op 37 só te lyk?

Sy en haar man, die Amerikaanse voetbal-spelerTom Brady, volg 'n baie streng dieet waar hulle slegs vars groente, volgrane enmaer vleis eet. Gisele is ook lief vir groensap en kookwater met suurlemoenskywe.Lees hiér meer oor wat om nog te eet en drink vir 'n mooi, gesonde vel.

Hoe lyk 'n gesonde vel?

Dis maklik om met min grimering weg te kom as jy 'n vlekkelose vel het, maar hoe gemaak as jy met probleme soos donker vlekke, vergrote porieë en droogheid sukkel? Gelukkig ís dit moontlik om algemene velprobleme met die regte produkte en behandelings te verbeter. 'n Gesonde vel het 'n gladde tekstuur, egalige kleur, goeie elastisiteit en dis plomp. Dié drie produkte werk veral goed:

1. Dermalogica Overnight Retinol Repair 1% (R1 680)

Retinol is 'n superbestanddeel wat verskeie velkwessies soos donker vlekke, vaalheid en 'n probleemvel takel. Dié produk het 'n hoër konsentrasie retinol vir dié wie se vel reeds gewoond is aan die bestanddeel.

2. Lamelle Nourish Revitalise Cream (R570)

Die plaaslike velsorghuis Lamelle se Nourish-reeks is vol antioksidante om vel jeugdig te laat lyk. Probeer die room om jou vel goed te bevog. By uitsoeksalonne

3. Nimue Exfoliating Enzyme (R575)

Gebruik 'n afskilferaar om dooie selle op die veloppervlak te verwyder sodat jou vel glansend lyk. By uitsoeksalonne

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM