Styl

Totsiens, skêr! Kry só ’n bob

’n Bob of lob (langer bob) is beslis dié haarstyl van die afgelope paar jaar. En met rede, want die haarsnit pas by almal! Is jy steeds skrikkerig om jou hare in ’n bob te sny? Probeer dan dié truuk!

As jy nie kans sien om jou lang lokke af te sny nie, kan jy altyd ’n sogenaamde "faux" of fop-bob probeer. Sommige bekendes is mal daaroor om hul hare so vas te steek en te stileer sodat dit lyk soos ’n bob-styl, sonder dat hulle hul hare hoef te sny.

Die Dancing with the Stars-ster Julianne Hough het op haar troudag vroeër die maand met ’n faux bob gespog.

Aanhangers van die model Gigi Hadid was uit die veld geslaan toe sy een aand met dié kapsel opdaag vir ’n partytjie. Sy het later onthul dat dit bloot ’n faux bob was.

Die beste ding van ’n faux bob is dat dit nie te moeilik is om te skep nie. Kyk maar net na dié video deur die webtuiste E News waarin die popsanger Rihanna se haarstileerder verduidelik presies hoe hy dit doen.

Doen dit só:

Begin deur die boonste helfte van jou hare bo jou kop vas te maak. Vleg die onderste hare horisontaal teen die agterkant van jou kop in ’n Franse vlegsel. Maak dan die boonste hare los en steek dit in die styl van ’n bob vas met knippies.

Lees nou

Nog ’n aktrise skeer al haar hare af!

Nuwe trend vir voller lippe

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM