Styl

Va va voom! 90's-supermodelle wéér nommer 1

FOTO Instagram / @carlabruniofficial
FOTO Instagram / @carlabruniofficial

Dis vanjaar 20 jaar sedert die moord op die Italiaanse modeontwerper Gianni Versace, wie se skeppings in die 1990's so gesog was op die rooi tapyt. Wie sal ooit die haakspeld-rok vergeet wat Elizabeth Hurley in 1994 by die première van Four Weddings and a Funeral aan die sy van Hugh Grant gedra het?

Ná Gianni se dood in 1997 het sy suster Donatella Versace die leisels by die modehuis oorgeneem en sy legende laat voortleef met haar eie ontwerpe. Verlede week het sy by die Italiaanse Modeweek in Milan hulde gebring aan haar broer. Nie net het sy die sterk patrone wat tussen 1991 en 1995 so kenmerkend was van sy styl in haar Lente/Somer 2018-versameling laat herleef nie. Ook het sy van die supermodelle van die 90's, Cindy Crawford (nou 51), Claudia Schiffer (47), Carla Bruni (49), Naomi Campbell (47) en Helena Christensen (48), op die loopplank laat verskyn. En het die vyf nie geskitter nie! Almal was in goud geklee.

Saam met dié groot name in die modebedryf was ons eie Candice Swanepoel en die nuweling Chané Husselmann van Bloemfontein.

Boonop was Cindy se dogter, die 16-jarige Kaia Gerber, ook op die loopplank - saam met ander nuwe groot name in die bedryf soos Kendall Jenner en die susters Bella en Gigi Hadid.

Dink julle ook die supermodelle van die 90's lyk steeds fantasties?

Bron: www.independent.co.uk

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM