Styl

Vadersdag: Dís wat pa wil hê!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Marijke Willems
FOTO Marijke Willems

Sondag is Vadersdag. Boonop val dit oor 'n langnaweek, daar is oorgenoeg rede om fees te vier!

Die SARIE-skoonheidspan het 'n geskenklys vir pa, oupa of wie ook al jy graag wil vier, bymekaargesit. Van sakpas geskenke tot meer luukse bederfies, daar is iets vir elke tipe pa-figuur.

Vadersdag-geskenklys:

Pomabrush Sonic Toothbrush Set (Carbon) (R2 499) By pomadent.co.za

'n Elegante tandeborsel vir pa! Hierdie tandeborsel is 'n soniese tandeborsel wat danksy fyn vibrasies en unieke silikoon-borselhaartjies jou tande sag dog behoorlik skoonmaak.

Eco Diva Man Grooming Mini Collection Set - Cleanse, Shave and Hydrate (R550) By ecodiva.co.za

Elke pa moet selfsorg vooropstel. Selfsorg laat jou nie net beter lyk nie, maar beter oor jouself voel. Die oulike velsorgreeks hou sy velsorgroetine eenvoudig en maklik.

Chanel Bleu de Chanel (R2 105 vir 50ml EDP) By Woolworths

Die geur is tydloos en kragtig. Die intense geur is aromaties met heerlike sandelhout, amber en muskus.

Sorbet Man Beard Oil (R159)

https://ecodiva.co.za/products/eco-diva-man-grooming-mini-collection-set

Die heerlike baardolie is met amandel, avokado en makadamia verryk en beloof om haartjies te voed en te versag.

Isdin Nutradeica Face Gel Cream (R332) By Clicks

Hierdie gesigroom voel lig op die vel en is geformuleer om jeukerigheid en rooiheid teen te werk. Boonop reguleer dit sebumvervaardiging wat sodoende aknee in sy spore stuit.

Babylonstoren Ultimate Dad Hamper (R5 500) By shop.babylonstoren.com

Dié luukse geskenkpak is 'n groot bederf. Dit bevat ondermeer die geliefde Lemoenboord-reukweerder en Lemoenboord kalmerende vogroom.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM