As Suid-Afrikaners kan ons nie help om trots te wees op ons plaaslike talent nie, veral as hulle boonop internasionaal erkenning kry. Vir die SARIE-modespan is dit eerste prys as 'n bekende klere van ons plaaslike ontwerpers dra - soos 'n bydraende redakteur van Vogue nou gedoen het!
Die Japanse kunskonsultant en bydraende redakteur van die Britse Vogue, Hikari Yokoyama, het tydens haar besoek aan Kaapstad met die opening van die nuwe Zeitz-museum (MOCAA) 'n T-hemp van die Kaapse modeontwerper Isabel de Villiers gekoop. Maar wat ons harte laat oorloop van trots is dat die illustrasie op die T-hemp deur Tana Ferreira is. Dis reg, ons SARIE Voorbladgesig-wenner van 2012! Die illustrasie is deel van die Body Positivity-reeks wat sy vir die ontwerper gedoen het.
Hikari het die T-hemp van R399 saam met haar duur Gucci-baadjie en Prada-skoene gedra. En sy het fantasties gelyk. Klik hier om meer te lees oor haar ondervinding in die Moederstad.

Hier is Tana op SARIE se voorblad in November 2012.

Isabel de Villiers is bekend vir haar ontwerpe vir vroue van alle groottes.
Jy kan die reeks T-hemde aanlyn koop by www.isabeldevilliers.co.za
Só lyk van die ander T-hemde in die reeks; elkeen is beskikbaar in swart en wit:





Swel julle harte ook van trots?













