Styl

Vrouefees beloof om ware blaaskans te wees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar
Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar (SYSTEM)

As jy raad nodig het oor jou voorkoms, wonder hoe om jou fisieke foute te verbloem en terselfdertyd jou mooiste eienskappe só te beklemtoon dat jy elke dag mooi kan begin, moet jy sommer vandag nog 'n kaartjie koop vir Beeld se Vrouefees.

Hannon Bothma, entrepreneur, TV-persoonlikheid en Suid-Afrika se eie "Glam Guru", gaan vroue uit die gehoor kies vir 'n regstreekse mooimaaksessie.

Die Beeld-Vrouefees word op 13 Augustus by Monte De Dios in Pretoria gehou.

Benewens Hannon se mooimaaksessies is daar ook ander bekendes wat die Vrouefees-gangers gaan vermaak.

Die seremoniemeester is Je-ani Swiegelaar, wat die rol van suster Naomi Koster in die kyk­NET-sepie Binnelanders vertolk.

Nog 'n Binnelanders-akteur, Germandt Geldenhuys, wat die rol van Louis Koster vertolk, gaan die vroue gedurende middagete vermaak.

Vanes-Mari du Toit, voormalige Suid-Afrikaanse netbalspeler, sakevrou en TV-persoonlikheid, gaan 'n motiveringspraatjie lewer.

Feesgangers word versoek om handsakke met sanitêre en/of skoonheidsbenodighede vir vroue in nood saam te bring wat op die fees aan die musikant, liedjieskrywer en kunstenaar Idalette Muller oorhandig sal word. Sy sal dan sorg dat die produkte by behoeftige vroue uitkom.

Benewens die bekendes en vermaak is daar ook 'n kuiermark waar vroue enigiets - van motors tot koffie, van vellies tot juweliersware, van kaas tot klere - kan koop. Registrasie is van 08:30 op 13 Augustus en die amptelike program begin om 09:40.

Deur die loop van die dag kan daar pryse gewen word en elke vrou kry 'n geskenksakkie propvol bederfies.

Besoek Beeld se Facebook-blad vir die volledige program van die dag.

  • E-pos enige navrae na cornette.zietsman@media24.com. Kaartjies kos R400 per persoon en is beskikbaar op quicket.co.za.
Vanes-Mari du Toit
Vanes-Mari du Toit
Hannon Bothma
Hannon Bothma

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM