Ek het nie sommer gedink dat die 90's ons gou weer sal inspireer nie, maar dit het wraggies. Twintig jaar later sê ons weer "hallo" aan ’n slooprok bo-oor ’n T-hemp. Ons kry weer mode-inspirasie uit die flieks soos Clueless, Mad Love en The Craft.
GOUE WENK: As jy nie soos ’n skooldogtertjie wil lyk nie, dra dié uitrusting met ’n hakskoen.
Bekendes soos Kendall Jenner gee dit ’n sexy voorkoms met hoëbeen-stewels.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6323/695124750b06448aa5f9ff1643c21da5.png Kendall Jenner & Gigi Hadid. FOTO @kendalljenner_instagram
Straatstyl-inspirasie Speel rond met bykomstighede om die slooprok en T-hemp by jou persoonlikheid te laat pas.
So het die slooprok bo-oor ’n T-hemp gelyk in SARIE se 1 Maart 1995-uitgawe.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6323/2bb4b16918a24919a724caa29b3243dd.jpg
Hoe voel jy oor die terugkeer van van dié kombinasie?













