Styl

WEN vir Vadersdag: Sjokolade, whiskey en wyn

Op Sondag 18 Junie is dit Vadersdag. Wat van jy skarrel nie daardie Saterdag om gou 'n geskenk te gaan soek nie. Hier kan jy sommer lekker geskenke wen en dit betyds toedraai om jou pa te bederf.

Vir die sjokoliste

Cadbury het drie nuwe sjokolade-geure op die rak vir 'n beperkte tydperk. Daar is Dairy Milk Fudge Cookie Crumble, Dairy Milk Fudge Mint Crisp, en Dream Coconut & Hazelnut Bliss. So, of jou pa nou hou van melk- of witsjokolade, of lief is vir fudge, neute of peperment, hier is iets na elkeen se smaak.

  • Drie lesers kan elk 'n geskenkpak met een van elk van die nuwe sjokolades wen. Stuur die woord "sjokolade", gevolg deur jou naam en 'n adres vir aflewering na 34581. Inskrywings sluit Woensdag 31 Mei om 12:00.

Vir die whiskey-fynproewer

'n Slukkie Peaky Blinder Ierse whiskey laat geure van appelkose, lemoenskil, heuning, vanielje en karamel op jou tong dans.

Dié whiskey se geskiedenis dateer terug tot 1861, toe die Sadler-familie vyf generasies gelede hardehout en bier begin stook en brou het in Birmingham, Engeland. Vandag is Chris Sadler, 'n direkte afstammeling van Billy Kimber, 'n bendeleier van die Birmingham Boys in die vorige eeu, aan die stuur van sake.

Nóg 'n bendeverbintenis is dat lede van die berugte Peaky Blinder-bende volgens oorlewering die familie se kroeë graag besoek het in die vorige eeu. Dis waar die naam vandaan kom. Die prentjie op die bottel is gegrond op 'n prominente lid van die bende, Stephen McHickie, se foto pas nadat hy gearresteer is vir inbraak.

  • Ses lesers kan elk 'n bottel Peaky Blinder Ierse whiskey wen. Stuur die woord "whiskey", gevolg deur jou naam en afleweringsadres na 34581. Inskrywings sluit Woensdag 31 Mei om 12:00.

Vir die wynkenner

Dis dalk nie hoe jy jou liewe pappa sal beskryf nie, maar sy persoonlikheid is dalk net so groot as hierdie wyn se naam: Fat Bastard.

En dalk vul hy jou lewe met rooiwyn-warmte en verskeidenheid, soos Fat Bastard se volronde shiraz met note van gemaalde peper, kaneel, naeltjies, rooi bessies en vanielje.

'n Bottel of ses hiervan is dan die perfekte geskenk.

  • Een leser kan ses bottels Fat Bastard Shiraz en twee wynglase wen. Stuur die woord "wyn", gevolg deur jou naam en afleweringsadres na 34581. Inskrywings sluit Woensdag 31 Mei om 12:00.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM