Styl

Wraggies! Blake Lively flous toe almal

FOTO Instagram / Blake Lively
FOTO Instagram / Blake Lively

Sy is 'n mode-verkleurmannetjie. Verlede week het die aktrise Blake Lively by die Los Angeles-vertoning van haar jongste fliek "All I See Is You" verskyn in 'n wit uitrusting, bloedrooi lippe en 'n heelwat korter lob-haarstyl. Sy het beeldskoon gelyk!

Maar hierdie week het sy weer haar bekende lang lokke! Ja, Blake het 'n faux lob gedra. As jy nie kans sien om jou lang lokke af te sny nie, kan jy altyd 'n sogenaamde "faux" of fop-bob probeer. Sommige bekendes is mal daaroor om hul hare so vas te steek en te stileer sodat dit lyk soos 'n bob-styl, sonder dat hulle hul hare hoef te sny.

Die beste ding van 'n faux bob is dat dit nie te moeilik is om te skep nie. Kyk maar net na dié video deur die webtuiste E News waarin die popsanger Rihanna se haarstileerder verduidelik presies hoe hy dit doen. Klik hier vir die video.

Doen dit só:

Begin deur die boonste helfte van jou hare bo jou kop vas te maak. Vleg die onderste hare horisontaal teen die agterkant van jou kop in 'n Franse vlegsel. Maak dan die boonste hare los en steek dit in die styl van 'n bob vas met knippies.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM