Vanjaar hou ons'n Glansete soos min om hierdie ongelooflike mylpaal te vier - van kos, mode enstyl, tot stories, talent en dit wat die vriendskap van 'n getroue vriendin virons beteken - ons vier dit alles!
Op 13 Julie 2024vind die Glansete van die jaar plaas: SARIE word 75. Dit gaan 'n Glansete soosgeen ander wees nie. Redakteur Michelle van Breda kyk terug oor SARIE se 75bestaansjare, SARIE se gunsteling-rubriekskrywer, Nataniël, vertel wat hom vanSARIE inspireer, en vriendin Anna Davel bied luisterplesier.
Kom klink 'nglasie van Robertson Wynmakery op SARIE se 75ste - die wynmaker het immers ookonlangs 75 geword! Nataniël en Anna bied bederf vir die siel, maar The BodyShop gaan jou lyf met 'n geskenkpak bederf.
Prag, styl,heerlike kos en bo alles, vriendskap. Wat meer kan 'n mens vra van 'n Glansete?Bespreek vandag nog jou plek.
Kaartjies
Slegs 100 kaartjies word aan die publiek beskikbaar gestel vir die Glans-middagete.
R1200 per kaartjie.
Indien jy meer as 10 kaartjies saam wil koop, kontak francois.malan@media24.com
Koop joune hier.
Datum
- 13 Julie 2024
- 12:30 vir 13:00
Plek
- Kievits Kroon Gauteng Wynlandgoed
Sien jou daar!















