Antwoord
My hart gaan absoluut uit na jou. Geen menswil hul wederhelf verloor nie. Die rouproses is onder geen omstandighede makliknie. Dit verskil van mens tot mens en neem tyd.
Daar is 'n paar basiese dinge wat 'n mensin plek moet hê om as weduwee, enkellopende of bejaarde so stresvry moontlik tekan leef. Dit behels goeie gesondheid, finansïele onafhanklikheid, persoonlikeveiligheid en kontak met ander.
Goeie gesondheid is 'n gawe waarvoor onsnet dankbaar kan wees. Om gesond te eet dra ook baie by daartoe. Finansïeleonafhanklikheid is nie almal beskore nie weens verskillende omstandighede. Onsregering is ernstig oor die stand van ons hulpbehoeftiges en daarom het hullemaatreëls in plek om te help.
Dit is ook so dat een van die slegtegevolge ná die dood van 'n maat is dat 'n mens eensaam word omdat ons minderkonneksies met ander handhaaf. As jy nie betyds keer nie, kan hierdieeensaamheid tot depressie lei.
Ek weet nie of jy alleen woon ofeensaamheid beleef tussen familie nie, maar doen die volgende:
- Wees aktief by jou kerk betrokke. Die meeste gemeentes het wonderlike aktiwiteite wat sorg dat mense weekliks kontak met ander kan hê.
- As jy dalk reeds 'n bejaarde is, onthou die meeste dorpe se ouetehuise het dienssentrums waarby enigeen weeksoggende kan inskakel. Hulle het altyd projekte aan die gang en het dikwels 'n bussie waarmee hulle mense vervoer. Lei ek reg af uit die tweede helfte van jou brief dat jy hulpbehoewend is? As ek dit verkeerd vertolk, vra ek verskoning. Daar is dinge wat jy kan doen om jou situasie te verlig as dit die geval is. Meld aan by jou dorp se maatskaplike dienste-kantoor, daar is 'n program vir hulpverlening in die vorm van kospakkies, koepons of selfs kontanttoelaes. Solidariteit se organisasie Helpende Hand sien ook om na behoeftiges. En dan het die meeste gemeentes natuurlik ook goeie voedingskemas.
- Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlikekwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en geegraag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur jou e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.


















