Antwoord
Volpunteaan jou omdat jy haar privaatheid beskerm. Gewoonlik kan 'n mens raad uitdeelaan vriendinne saam met wie jy reeds 'n lang pad stap. Met so 'n nuwekennismaking loop jy die gevaar dat hierdie vrou baie beledig sal voel as jyhaar sommer begin vertel hoe haar lewe moet lyk.
Sy salaanstoot neem as jy nou al begin raad gee. Onthou, sy sien nie wat jy sien nie.Sy sien 'n gelukkige huis met baie gelukkige kinders. Netheid is tans nie virhaar 'n prioriteit nie. Jy weet ook nie wat haar sielkundige toestand is enwatter benadering die beste sal werk nie.
Jy staanhier voor 'n keuse: óf jy begin bou aan 'n vriendskap met haar wat later kanlei tot hulp met haar huislike omstandighede, óf jy staan terug en vermy haaren haar huis as jy nie 'n pad saam met haar wil stap nie. So eenvoudig soosdit.
Wat jou eieobsessiewe gedrag betref, gee ek graag die volgende raad: Hou by jou vorigeroetine om soggens skoon te maak en saans net die kombuis op te ruim. Obsessiesmet higiëne kan maklik toksiese gedrag word.
Jy kanlater nie meer stilsit nie en begin tot die plante was en koppies uit mense sehande neem om te gaan uitspoel terwyl hulle nog besig is om daaruit te drink.Dit is heel normaal hoe jy ná hierdie ervaring reageer, maar jy moet keer datdit jou lewe so drasties beïnvloed.
Jy blyk vannature 'n netjiese persoon te wees en dit is genoeg.
- Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlikekwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en geegraag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur jou e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.


















