Dr. Frikkie Hartog, ’n oftalmoloog, deel sy insig oor waarom laseroogprosedures ’n lewensveranderende keuse kan wees, watter risiko’s betrokke is en hoe moderne tegnologie die proses veiliger en akkurater as ooit tevore gemaak het. Of jy al jare oorweeg om van jou bril ontslae te raak of eers nou van die moontlikheid bewus word. Hartog gee jou die feite wat jy nodig het om ’n ingeligte besluit te neem.
Waarom sal mens ’n laseroogprosedure kies?
Baie van ons benodig hulp om skerp te kan sien.
Sommige benodig hulp om ver te kan sien, ander vir naby, en sommige benodig hulp vir beide. Daar is essensieel drie maniere waarop ’n persoon se visie verbeter kan word, naamlik brille, kontaklense of ’n prosedure soos LASIK.
Nie al hierdie opsies is egter toepaslik of aangewese vir almal nie.
’n Laseroogprosedure het baie voordele bo die ander opsies, veral vir persone wat ’n aktiewe leefstyl lei.
Dit is gewoonlik ’n groot verligting vir mense dat hulle nie eerste ding in die oggend ’n bril moet opsit en dit weer laaste in die aand moet afhaal nie.
Die praktiese voordele is egter veelvuldig. Die dra van ’n bril is nie gemaklik wanneer jy strand toe gaan of wanneer dit reën nie. ’n Bril pla baie wanneer jy ’n sport beoefen en sweet of wanneer jy ’n staproete aanpak.
’n Laseroogprosedure bied ’n permanente oplossing om van die gebruik van brille en kontaklense ontslae te raak. Die finansiële voordeel is natuurlik geweldig groot wanneer jy nie gereeld geld hoef te spandeer om jou kontaklense te vervang of elke twee jaar ’n nuwe bril te koop nie.
Het die laserprosedure enige risiko’s?
Alle prosedures het risiko’s, maar so ook byvoorbeeld het die gebruik van kontaklense betekenisvolle risiko’s. Kontaklense is verantwoordelik vir visie-bedreigende infeksies van die kornea.
Met kontaklense is die risiko elke dag wat jy dit insit teenwoordig, teenoor die eenmalige risiko van ’n laserprosedure.
Met die oorweging van enige prosedure moet ons die verhouding tussen die voordele en enige moontlike risiko’s in ag neem. Laserprosedures word op gesonde oë gedoen as gevolg van die oorweldigende voordeel wat dit inhou.
Die goeie nuus is dat enige moontlike komplikasies doeltreffend aangespreek kan word om ’n goeie uitkoms te verseker. Daar bestaan ook verskillende maniere waarop die laserprosedure gedoen kan word, en gevolglik het die meeste persone ook ’n keuse van watter prosedure hulle mee gemaklik is.
Die verskillende laserprosedures se uitkoms is identies, maar verskil met betrekking tot die proses wat gevolg word tydens die laserprosedure, en die spoed waarteen die proses plaasvind.
Watter invloed het tegnologie op die huidige laserprosedure?
Vir meer as 30 jaar het miljoene mense gebaat by laserprosedures om hulle sig te verbeter, maar soos die geval is met enige tegnologie, vind daar voortdurend progressie plaas.
Die resultaat is dat meer mense kan baat by die uitstekende uitkoms en vinniger herstel in visie. Elke individuele oog word akkuraat gemeet en die laserprosedure doelgerig aangepas om nie net die brilfout te behandel nie, maar ook enige onreëlmatighede van die oppervlak uit te stryk.
Die laserbehandeling neem slegs ’n paar sekondes, waartydens die laser enige oogbewegings volg. Al die brilfoute, naamlik versiendheid, bysiendheid, sowel as astigmatisme, kan doeltreffend en akkuraat behandel word.
Is die uitkoms permanent?
Die doel van ’n laser-refraktiewe prosedure is om ’n persoon onafhanklik van ’n bril of kontaklense te maak. Die effek is vir die meeste persone permanent, tot hulle natuurlike lense begin versaak in hulle laat veertigerjare, wanneer hulle ’n leesbril benodig vir naby werk. In raar gevalle kan ’n persoon se visie egter verander as gevolg van veranderinge in die oppervlak van die oog, of veranderinge in die lengte van die oog. In hierdie gevalle kan die laserprosedure weer herhaal word, maar die persoon het egter ook die opsie om kontaklense te gebruik.
Dit is altyd raadsaam om jou geskiktheid vir ’n laser-refraktiewe prosedure met jou oftalmoloog te bespreek.
Geborg: Dr. Frikkie Hartog

Dr. Frikkie Hartog sê refraktiewe laserbehandeling word gebruik om jou brilfout te behandel en gee jou ook die keuse om ontslae te raak van jou bril of kontaklense. Vir meer inligting oor hierdie prosedure of om ‘n afspraak te maak, tree gerus met dr. Hartog in verbinding.








