1. WAATLEMOEN-MOJITO
1 e heuning
k vars lemmetjiesap
paar kruisementblare
30 ml tequila (opsioneel)
Meng alles in menger tot die kruisement gekneus en geurig is. Sit voor met fyngemaalde ysblokkies of sneeu-ys. Dit bevat min kilojoules en is verfrissend op warm somerdae.
2. SJOKOLADEMENGELDRANKIE
1 k kokosneutmelk of amandelmelk
k Griekse-styl volroomjogurt
3 e kakao
k sneeu-ys
30 ml sjokoladelikeur (opsioneel)
fyngemaalde neute van jou keuse (opsioneel)
Meng alles buiten die neute met 'n staafmenger, gooi in 'n glas en sprinkel neute oor. Kakao is 'n goeie bron van minerale soos magnesium, kalium, koper en yster.
3. VERFRISSENDE AARBEI-DRANKIE
1 k bevrore aarbeie
2 e lemmetjiesap
1 k sneeu-ys
30 ml rum (opsioneel)
Meng met 'n staafmenger en sit voor in 'n verkoelde glas. Aarbeie is ryk aan vitamien C, wat help om jou vel gesond te hou.
4. KOKOSNEUT-EN-WORTEL-LEKKERTE
k kokosneutwater
k wortelsap
Meng in 'n martini-glas. Garneer met vars tiemie, koljander of wortelrepies. Die betakaroteen in wortels help beskerm jou teen kanker en is goed vir jou vel.
5. SOMERMENGEL-DRANKIE
k suikervrye limonade
3 e bloubessies en opgesnyde aarbeie
4 basilieblare
30 - 60 ml vodka (opsioneel)
Meng alles saam in 'n lang glas. Voeg fyngemaalde ys en sodawater na smaak by en garneer met suurlemoenskil. Die drankie is propvol vitamien C en ryk aan antioksidante wat jou vel teen sonskade help beskerm.
6. POMELO-EN-BOSBESSIE-DRANKIE
60 ml pomelosap
60 ml bosbessiesap (cranberry)
60 ml sodawater
30 ml jenewer (opsioneel)
Xylitol na smaak (opsioneel)
Meng, gooi in 'n verkoelde glas met fyngemaakte ysblokkies en garneer met kruisementblare. Pomelo's bevat oplosbare vesel en kan help om cholesterolvlakke te verlaag.
7. PYNAPPELFIZZ
k pynappelsap of 1 vars pynappel
in blokkies gesny
k suikervrye limonade
k sodawater
30 ml rum (opsioneel)
Versap die pynappel en voeg sodawater en limonade by. Garneer met lemmetjieskyfies en kruisementblare. Die ensiem bromelien in pynappel kan ontsteking en inflammasie help voorkom.













