Welstand

Borskanker: Die regte chirurg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Mammogramme is 'n belangrike siftingstoets in die vroeë opsporing van borskanker. Dr. Justus Apffelstaedt, 'n chirurg wat in bors-, skildklier- en byskildkliergesondheid spesialiseer, verduidelik waarom 'n multidissiplinêre benadering tot borskankerbehandeling nodig is.

Wie lees 'n mammogram?

Dokters wat in diag­nostiese toetse soos mammogramme spesialiseer, word radioloë genoem.

In gespesialiseerde borsgesondheidsinstellings word mammogramme deur meer as een spesialis gelees. Dit word dubbellees genoem. In Australië en Europa word dit gereeld deur twee radioloë gedoen. In gespesialiseerde borssentrums word dit deur 'n radioloog, 'n chirurg en, indien nodig, 'n onkoloog gedoen.

Hoe word dit bevestig indien 'n mammogram­lesing op kanker dui?

Om die diagnose van kanker te bevestig, word 'n weefselmonster van die tersaaklike letsel geneem. Dit word deur middel van 'n diknaaldbiopsie onder lokale verdowing deur 'n chirurg of radioloog gedoen.

Sodra 'n kankerdiagnose bevestig­ is, wat is die volgende­ stap?

Die chirurg sal as deel van 'n multidissiplinêre span jou chirurgiese behandelingsopsies met jou bespreek.

Moet die chirurg in bors­kanker spesialiseer?

Ja, dit is belangrik. Chirurgie is al 'n paar dekades lank 'n steunpilaar van borskankerbehandeling. Dit is dikwels die enigste behandeling wat nodig is in die hantering van vroeë stadium borskanker. Dit is noodsaaklik vir akkurate diagnose, stadiering en behandeling dat die chirug op datum is met die nuutste aanbevelings ten opsigte van chirurgiese prosedures en behandeling van die siekte.

Hoewel die operasie self 'n lae risiko het, kan 'n lumpektomie en/of mastektomie menige komplikasie inhou. Dus word sterk aanbeveel dat 'n chirurg wat in borskankerchirurgie spesialiseer, die operasie doen. Jou spesialis-chirurg behoort ideaal gesproke gereeld meer as 150 operasies per jaar te onderneem.

Watter tipe operasies sal 'n borskankerchirurg met my bespreek?

Die chirurg sal die beste moont­like operasie vir jou tipe borskanker met jou bespreek. Dit moet in oorleg met jou onkoloog gedoen word.

Borsbesparende chirurgie sal sover moontlik die primêre doel wees. 'n Voorbeeld hiervan is lumpektomie, waar slegs 'n gedeelte van die borsweefsel verwyder word.

In ongeveer helfte van die gevalle sal die verwydering van die gewas saam met 'n borsverkleining of borslig-operasie (mastopeksie) gedoen word om asimmetrie te voorkom en radioterapie te vergemaklik.

Daarom is die betrokkenheid van 'n onkoloog en 'n plastiese chirurg in die multidissiplinêre span uiters belangrik.

Wie sal nog in die chirurgiese span wees?

In span moet daar 'n chirurg wees wat spesialiseer in onkologiese borschirurgie wat ook die gebruik en interpretasie van borsbeelding verstaan, 'n plastiese chirurg wat die moontlike onkoplastiese en rekonstruktiewe opsies kan aanbied, 'n narkotiseur wat die spesifieke vereistes van kankerchirurgie-narkose verstaan, en 'n ervare chirurgiese assistent en teatersuster wat die chirurgiese span kan ondersteun in hierdie soms baie lang en komplekse prosedures.

Wat is die chirurg se rol ná die operasie?

In 'n gespesialiseerde borssentrum sal die chirurg 'n integrale rol speel tydens 'n pasiënt se herstel. By die opvolgbesoeke sal hulle met jou gesels oor enige simptome of bekommernisse wat jy mag hê na die operasie byvoorbeeld littekens wat oor tyd en met behulp van massering sagter en minder opsigtelik sal word.

Hulle sal ook raad gee ten opsigte van sekere oefeninge wat herstel bevorder en wondsorg oor die algemeen.

GEBORG

Apffelstaedt, Hoosain & Associates

Neem beheer oor jou borsgesondheid!

Apffelstaedt, Hoosain & Associates is 'n multidissiplinêre bors- en skildkliersentrum wat omvattende kliniese en beeldevalueringsdienste bied vir enige bors-, skildklier- en paratiroïedgesondheid en kankerverwante kwessies. Genetiese toetsdienste is beskikbaar, en beeldingsdienste sluit 3D-mammografie met KI-gesteunde kankeropsporing en 2D- of 3D-ultraklank in. Ons bied ook 'n individuele tweede mening diens. Ons word erken deur die meeste mediese fondse.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM