Welstand

Botoks vir beginners: Wat jy moet weet

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Veroudering is 'n natuurlike proses waartydens allerhande plooie stelselmatig begin verskyn.

Dit is geen geheim nie dat al hoe meer vroue deesdae 'n bietjie van 'n botoks-hupstoot kies om gesigslyne te versag en jeug­diger te lyk nie," sê dr. Kajal Klutch, 'n plastiese, rekonstruktiewe en estetiese chirurg van Durban.

"Dit is noodsaaklik dat mense altyd met respek teenoor mekaar optree, wat jy ook al besluit, terwyl ons ook die realiteite van die skoonheidsbedryf se nuwe wapens verstaan. Voordat jy gou daardie afspraak bespreek, moet ons 'n bietjie gesels oor wat jy oor botoks moet weet."

Botoks is nie 'n magiese uitveër nie

Een van die algemeenste wanopvattings oor botoks is dat dit die vermoë het om mense se plooie heeltemal uit te vee, sê dr. Klutch.

"In werklikheid word botoks doeltreffend ingespan deur die spiere wat sekere gesigsuitdrukkings veroorsaak, tydelik te verlam of te ‘vries', wat die vorming van plooie mettertyd voorkom.

"Hoewel botoks die bestaande lyne kan versag, veral dié wat deur herhaalde spierbewegings veroorsaak word, is dit doeltreffender wanneer dit as 'n voorkomende maatreël ingespan word en 'n mens vroeg met dié behandeling begin.

"Lyne wat diep ingeëts of teenwoordig is wanneer jy ontspan, sal dalk nie ná 'n botoksbehandeling heeltemal verdwyn nie. 'n Botoks-hupstoot sal nooit elke enkele plooi uitvee nie; dit is 'n onrealistiese verwagting.

"Dit gaan eerder oor die verbetering van jou voorkoms en lei tot 'n gevoel van selfversekerdheid in jou eie vel sodat jy jou op beste kan lyk en voel."

Miskien is die belangrikste openbaring vir die meeste vroue die besef dat die tyde­like "gevriesde" gevoel wat met botoks ge­asso­sieer word, eintlik bevrydend kan wees, voeg Klutch by.

"Sommige vroue het gesê die onvermoë om sekere emosies uit te druk, het hulle ligter en meer op hul gemak in hul eie vel laat voel. Studies het getoon dat die voorkoming van 'n frons met 'n botoks­behandeling kan lei tot 'n vermindering in negatiewe buie, wat die sielkundige voordele van gesigsverjonging beklemtoon."

Nie permanente oplossing

Voor jy te geheg raak aan jou gladde, plooilose voorkoms, onthou net: Botoks se effekte is slegs tydelik.

"Die resultate hou ongeveer drie tot vier maande, met variasies na gelang van faktore soos individuele metabolisme en spieraktiwiteit. Diegene wat 'n aktiewe leefstyl of ekspressiewe gesigsbewegings het, kan vind dat die effekte vinniger verdwyn.

"As jy dus die energieke tipe is wat nie kan stilsit nie, sal jy dalk agterkom dat dit 'n bietjie vinniger verdwyn. Hoewel die prosedure van botoksinspuitings betreklik pynloos kan lyk, kan die werklik­heid heeltemal anders wees. Baie individue word verras deur die ongemak wat tydens die prosedure ervaar word.

"Die sensasie van veelvuldige inspuitings en die hoorbare geluid van die spuit kan ontstellend wees. Die ongemak neem egter tipies vinnig af. Daarna sien individue uit na die resultate wat hulle gaan sien."

Nadat jy botoks ontvang het, is rus daarna belangrik vir die beste resultate moontlik en die vermindering van potensiële newe-effekte.

"Sommige vroue is om verskeie redes teen botoks gekant, waaronder persoonlike beginsels, omdat hulle die behandeling as ydel beskou, of om godsdienstige oorwegings," sê Klutch.

GEBORG

Lasermed

Kry 'n helder stralende vel met IPL-Fotoverjonging by Lasermed. Hierdie behandeling is 'n effektiewe oplossing om die sigbare tekens van sonskade asook vaskulêre velkondisies doeltreffend te behandel en te verminder. IPL (Intense Pulse Light) is 'n vorm van lig-energie wat vir die behandeling van sekere veltoestande, soos rosacea en fyn aartjies, gebruik word.

Dit is baie belangrik om blootstelling aan die son vir 48 uur ná IPL-behandeling te vermy en om 'n sonskerm aan te wend.

Maak gerus 'n afspraak by Lasermed vir jou IPL-behandeling of botoks-behandeling by 021 914 6006 (Tygervallei-tak) of 021 424 5078 (City Bowl-tak) of besoek hul webtuiste by www.lasermed.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM