As daar een wens is waaraan seker elke ouer hierdie jaar vasklou, is dit dat hul kinders heeljaar gesond sal wees. Gesonde kinders bring meer dae by die skool deur en het meer energie vir hul skoolwerk en op die sportveld. 'n Gesonde kind is dikwels 'n gelukkige kind, wat 'n gelukkige ouer meebring!
Dokters skryf gereeld probiotika voor na jy antibiotika geneem het. Dis om die mikrobioom in jou spysverteringskanaal te ondersteun. Maar het jy geweet 70 % van die immuunsisteem woon ook in die spysverteringskanaal en dat stres en 'n ongebalanseerde spysverteringstelsel jou kan laat sukkel met opgeblasenheid, hardlywigheid en diarree?1,2 Dis byna onmoontlik om op enigiets te konsentreer as jy ongemaklik voel - veral as jy ongemaklik is met jou maag of ingewande. Minder bekende voordele, maar wat in studies getoon het, is dat 'n gesonde spysverteringskanaal ook 'n rol kan speel in die voorkoming van immuundisfunksie, allergieë en vetsug3,4,5. En om alles te kroon, word tot 90 % van die liggaam se serotonien (die goedvoelhormoon) in die ingewande geproduseer6!

Kortom, probiotika is 'n uitstekende manier om een deel van jou kind se gesondheid en welstand deur die jaar te help verseker1,2,3,4,5,6. Dit gee jou gemoedsrus dat jy jou deel doen om jou kind gesond te hou hierdie skooljaar.
Maar hoe voeg jy probiotika by 'n kind se dieet? Een opsie is om voedsel met probiotika by sy dieet in te sluit, soos jogurt - maak seker daar staan ‘live cultures' op die produk - en ander gefermenteerde kosse (kefir, kimchien sekere kase - mits daar lewendige bifidokulture in is)7,8,9. Maar om te verseker jou kind kry die regte probiotika teen die regte hoeveelheid, is 'n probiotika aanvulling 'n goeie idee. Dit is dikwels meer doeltreffend en is ideaal vir kinders wat sukkel om 'n gevarieerde dieet te eet of wat ná siekte herstel.

entiro™ PROBIOTIC is een so 'n aanvulling, en daar is 'n verskeidenheid van opsies wat gepas vir die hele gesin is, asook vir kinders omdat dit nie soos kapsules gedrink hoef te word nie. entiro™ PROBIOTIC Chews kom in heerlike framboos- en kersiegeure en is geskik vir kinders ouer as drie jaar en diabete10. entiro™ PROBIOTIC FastMelts is beskikbaar in 'n rooi bessiegeur en het so 'n lekker bruiseffek (soos outydse "sherbet") in jou mond - jy het nie eens water nodig nie11! Dit is individueel verpak sodat jy dit maklik in 'n kosblik kan sit en is geskik vir diabete en kinders ouer as 'n jaar.
Vir meer inligting en voordele van probiotika, besoek die webwerf www.entiro.co.za.
Verwysings:
- Mörkl, S., et al., The role of nutrition and the gut-brain axis in psychiatry: A review of the literature. Neuropsychobiology79, 80-88 (2020).
- Monda, V., et al. Exercise modifies the gut microbiota with positive health effects. Med. Cell. Longev.2017, (2017).
- Valdes A.M. et al. Role of the gut microbiota in nutrition and health. BMJ 361(k2179), 36-44 (2018)
- Zhang Y. et al. Impacts of gut bacteria on human health and diseases. International Journal of Molecular Sciences16, 7493-7519 (2015)
- Pascal M. et al. Microbiome and allergic diseases. Frontiers in Immunology9:1584 (2018)
- Konturek, P. et al. Stress And The Gut: Pathophysiology , Clinical Consequences. Physiol. Pharmacol. 62, 591-599 (2011).
- Analy Machado de Oliveira Leite et al. Microbiological, technological and therapeutic properties of kefir: a natural probiotic beverage. Braz J Microbiol. 2013 Oct 30; 44(2):341-9. LINK: https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/24294220/
- J H Yoon et al. Lactobacillus kimchii sp. nov., a new species from kimchi. Int J Syst Evol Mirobiol. 2000 Sep; 50 Pt 5: 1789-1795. LINK: https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/11034488/
- Kun-Young Park et al. Health Benefits of kimchi (Korean fermented vegetables) as a probiotic food. J Med Food. 2014 Jan; 17(1):6-20. LINK: https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/24456350/
- Professional Information. entiro™ PROBIOTIC CHEWS (chewable tablets)
- Professional Information. entiro™ PROBIOTIC FastMelts (sachets).













