Pharma Dynamics is die eerste Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy wat medisyne-inligtingsblaaie in Zoeloe vertaal het.
Nicole Jennings, woordvoerder van Pharma Dynamics, sê die reg op gesondheidsorg is 'n fundamentele mensereg wat deur die Grondwet erken word.
" 'n Belangrike deel van hierdie reg is vir die publiek om toegang te hê tot die pasiëntinligtingstrooibiljet (PIL's) wat medisyne in hul onderskeie moedertale vergesel."
Sy sê al is dit belangrik om ag te slaan op die advies van 'n dokter wanneer dit by medikasie kom, is PIL's dokumente van primêre belang, want dit stel pasiënte in staat om hul voorgeskrewe medikasie veilig en korrek te neem.
"Nie almal in ons land is Engels of Afrikaans magtig nie, en ons kan ook nie aanvaar dat hulle spesifieke mediese terme in hierdie twee tale verstaan nie, daarom het ons dit belangrik geag om hierdie dokumente beskikbaar te stel in 'n ander moedertaal wat deur 'n groot deel van die plaaslike bevolking gepraat word.
"Die verskaffing van hierdie tipe inligting in 'n ander plaaslike taal verseker dat 'n groter aantal mense gelyke toegang tot noodsaaklike mediese inligting het. Dit bevorder inklusiwiteit en help om taalhindernisse te oorbrug en maak gesondheidsorg meer toeganklik vir hierdie gemeenskappe."



















