Is jy op soek na 'n hardloopskoen wat jou ondersteuning kan bied tydens kort- en langafstande, en uithouvermoë en prestasie naatloos kombineer?
Die Under Armour (UA) Infinite Elite-hardloopskoen is onlangs bekend gestel en dié weergawe is 'n beduidende sprong vorentoe vir hardlopers.
Dit bied kranige hardlopers die geleentheid om die "Run Forever Feel" te omhels, 'n manifestasie van uithouvermoë en grenslose potensiaal, of jy nou die hardloopbaan of die oop pad aandurf.
Dylan Petersen, senior handelsware-aankoper vir Under Armour SA, het die maatskappy se verbintenis tot die lewering van produkte aan die voorpunt van die hardloop-ervaring beklemtoon.
"Infinite Elite is 'n bewys van Under Armour se toewyding aan innovasie. Ons glo aan die bemagtiging van atlete op alle vlakke, en dié nuutste toevoeging tot ons versameling hardloopskoene weerspieël ons toewyding om ongeëwenaarde werkverrigting en gerief aan ons kliënte te bied."
UA se HOVR™-tegnologie het erkenning gekry vir die uitsonderlike energie-opbrengs van die skoen wat 'n elastiese en veerkragtige sensasie tydens langafstand-hardloop bied.
Die UA HOVR+™-versameling, wat binnekort bekend gestel gaan word, beloof 'n ligter, sagter en meer responsiewe ondervoet-ervaring. Kyle Evans, stigter van die Elite Endurance Crew, het sy geesdrif vir die Infinite Elite gedeel en gesê: "Die Under Armour Infinite Elite bied iets buitengewoons aan hardlopers wat op soek is na die perfekte kombinasie van gemak en prestasie. Dit is 'n uitnodiging om hardloop te ervaar soos nog nooit tevore nie deur grense te verskuif en nuwe hoogtes te bereik," sê hy.
Wayne le Roux en Grace Evans, bekendes in die Kaapstadse hardloop-gemeenskap, het ook hul opgewondenheid oor die hardloopskoene uitgespreek.
"Infinite Elite is nie net 'n skoen nie. Dit is 'n verbintenis tot elke hardloper se reis wat ondersteuning benodig tydens daardie ekstra kilometers."
Volledige uitrusting
Vroue kan hul Infinite Elite-skoene met die UA Launch-liggewigbaadjie (R2 799), kortbroek (R999) en tenktop (R1 199) kombineer. Die baadjie is ontwerp vir optimale asemhaling en beskerming en verseker dat jy tydens jou hardloopsessie gemaklik en stylvol bly. Die kortbroek bied die perfekte balans tussen styl en funksionaliteit, wat dit vir hardlopers 'n ideale keuse maak. Bly koel en stylvol met die Launch Elite- tenktoppie.

Die Infinity 2.0 High-sportbra (R1 299) bied noodsaaklike ondersteuning, wat verseker dat jy selfversekerd en gemaklik voel met elke tree wat jy gee..
Die UA Launch 5 Inch-kortbroek vir mans (R1 399) is vir uitsonderlike gemak ontwerp en is die ideale toevoeging tot enige hardloper se uitrusting. Hierdie kortbroek bied optimale bewegingsvryheid, wat dit 'n veelsydige keuse maak vir verskeie hardloop-aktiwiteite.
Die mans se kortmou-T-hemp (R899) is ontwerp vir werkverrigting en om jou tydens intense sessies koel en droog te hou. Die ontwerp bied maksimum gemak en bewegingsvryheid wat dit 'n gesogte item in jou hardloop-klerekas sal maak.
Die UA Infinite Elite-hardloopskoen is teen R3 799 beskikbaar, en die UA Infinite Pro-hardloopskoen kos R3 999.
- Besoek underarmour.co.za vir nog inligting.





















