Susan Boyle het onthul Asperger se steuring, ’n vorm van outisme, is by haar gediagnoseer.
Moontlike tekens en simptome van Asperger se steuring:
- Terwyl outisme gekenmerk word deur ’n ernstige onttrekking van die res van die wêreld, ervaar met Asperger se steuring afsondering weens hul swak sosiale vaardighede en eng belangstellings.
- Sosiaal ongemaklik, neem beeldspraak letterlik op en is nie in staat om gewone sosiale reëls te verstaan nie.
- ’n Oënskynlike gebrek aan empatie.
- Toon ongewone nieverbale kommunikasie, soos ’n gebrek aan oogkontak, min gesigsuitdrukkings, of onbeholpe liggaamshouding of –gebare.
- Lomp en swak gekoördineerde motoriese bewegings en vreemde liggaamshouding.
- Praat met ’n eentonige of stram stem of ongewoon vinnig.
- Baie kinders met Asperger se steuring het ’n besondere aanleg op ’n spesifieke gebied, soos musiek of wiskunde.
- Asperger se steuring kan nie genees word nie, maar behandeling soos spesiale onderrig, arbeidsterapie en terapie vir sosiale vaardighede kan hulle beter help funksioneer.
Bronne: Bang Showbiz, Mayoclinic.com, Health24, WebMD













