Welstand

’n Dekade van ‘Gesond!’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die eerste uitgawe van Gesond het op Vrydag 7 Augustus 2015 as ’n promosiebylae verskyn. In hierdie uitgawe was daar onder meer ’n fokus op vrouegesondheid en ’n onderhoud met Mia le Roux wat in daardie jaar een van 12 finaliste in die Mej. Dowe SA-k
Die eerste uitgawe van Gesond het op Vrydag 7 Augustus 2015 as ’n promosiebylae verskyn. In hierdie uitgawe was daar onder meer ’n fokus op vrouegesondheid en ’n onderhoud met Mia le Roux wat in daardie jaar een van 12 finaliste in die Mej. Dowe SA-k

In 2015 het die heel eerste uitgawe van Die Burger se Gesond-bylae verskyn en vandag, 10 jaar later, word dit steeds twee keer 'n maand gepubliseer met die fokus op gesondheid en welstand. Ons kyk terug na 'n paar hoogtepunte die afgelope dekade.

Die eerste uitgawe van Gesond het op Vrydag 7 Augustus 2015 as 'n promosiebylae verskyn. In hierdie uitgawe was daar onder meer 'n fokus op vrouegesondheid en 'n onderhoud met Mia le Roux wat in daardie jaar een van 12 finaliste in die Mej. Dowe SA-kompetisie was - dieselfde Mia wat verlede jaar as Mej. Suid-Afrika gekroon is.

Op 4 September 2015 word Gesond 'n permanente lid van Die Burger se bylaefamilie onder redaksie van Danielle Daniëls en David Engelbrecht.

Danielle Daniëls se eerste uitgawe as die heel eerste redakteur van Gesond verskyn op 5Augustus 2016. Hierdie posisie het sy vir meer as ses jaar beklee. In hierdie uitgawe is daar 'n fokus op kanker.

Op 19 Mei 2017 bring Gesond hulde aan gesondheidswerkers met 'n fokus op paramedici. Daar is 'n onderhoud met Monard Stockigt, 'n paramedikus, oor sy werk.

Gesonder eetgewoontes is net so belangrik vir jou leefstyl en in 2018 fokus Gesond in verskeie uitgawes daarop. In die uitgawe van 19 Januarie is daar "5 koel kosse vir gewigsverlies"; 4 Mei verskyn daar 'n berig oor 'n gebalanseerde dieet en wat dit behels om gewig te verloor; en in 1 Junie se uitgawe is daar 'n grafika oor ses wintergroente en hul voordele.

Toe die hele wêreld regop gesit het en min oor Covid-19 en sy gevare geweet het, het Gesond op 7 Februarie 2020 'n spesiale fokus hieroor geplaas. In die berig "Koronavirus: Dís wat jy van dié nuwe siekte moet weet" is kenners genader om meer te vertel en die korrekte feite aan lesers deur te gee.

Gesond se fokus is nie nét op volwassenes en bejaardes nie, want die uitgawe van 18 November 2022 bied meer oor kindergesondheid. Daar verskyn onder meer berigte oor die vyf siektes wat gewoonlik by kinders voorkom en kenners deel hoe die ouers van kinders met kanker die situasie moet hanteer.

As slegs die tweede redakteur van Gesond neem Denique Daniëls die leisels op 3 Februarie 2023 oor. In haar eerste uitgawe is daar 'n fokus op Wêreldkankerdag.

Kroniese pyn is 'n kwessies wat baie mense aanraak en as deel van Gesond se vraag en antwoord-reeks, fokus die uitgawe van 12 April 2023 hierop met kenners wat meer deel oor die redes en behandeling daarvan.

Gesond bring 'n nuwe fokus in die uitgawe van 22 Maart 2024 uit waar lesers meer leer oor die verskillende gesondheidsprodukte op die mark.

Geborg deur:

Vacuhealth

Deur nie hulp vir ereksieprobleme te soek nie, beskadig baiemans hul belangrikste verhouding. Ereksieprobleme het gewoonlik 'n fisiekeoorsaak soos 'n besering, hoë bloeddruk, kanker, radikale prostatektomie,diabetes of die newe- effekte van medikasie.

Tydens stimulasie word prikkels deur die brein na diesenuwees in die penis gestuur wat bloedvloei na die sponsagtige dele van diepenis aanhelp. 'n Ereksie ontstaan dan wanneer die penis die bloed opneem enbehou.

'n Vakuum-ereksieapparaat (VED) soos die Vacurect werkdeurdat 'n vakuum in 'n silinder geskep word, wat bloedvloei na die are in diepenis voortbring. Só ontstaan 'n ereksie. Die Vacurect is van hoogstaandegehalte en word vervaardig van hoëgehalte-polikarbonaat.

Die apparaat kan vir jare gebruik word sonder enigebykomende uitgawes en is die enigste vakuum-ereksieapparaat wat met 10verskillende vernouingsringe verskaf word.

Vir meer inligting, skakel gerus 072 688 0795. Besoek https://www.vacurect.co.za/ vir meer inligting.