Welstand

Naelsorg: Behandel infeksie dadelik

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Swambesmette naels is 30 keer hoër in volwassenes as in kinders. Minder as 3% van kinders word geïnfekteer terwyl 90% van volwassenes ouer as 70 aangetas is. Swambesmette naels affekteer tot 30% van diabete. Daar is 'n oplossing vir dié naeltoestand, verduidelik Monique Marais, hoof­bestuurder by Fix-4-Nails.

Hoe verander vingernaels met ouderdom?

Dit groei stadiger en kan dof en bros raak. Dit kan ook gelerig en ondeursigtig raak. Toonnaels verdik en verhard dikwels, wat die mees algemene probleem onder bejaardes is.

Is swamgeïnfekteerde en los naels dieselfde?

Die algemene siening is dat dit dieselfde toestand is en dat albei deur swamme veroorsaak word. Dit is glad nie dieselfde nie.

Al wat dit in gemeen het, is dat albei toestande 'n "lelike" nael tot gevolg het. 'n Los nael is dikwels die voorloper van 'n swaminfeksie. 'n Los nael is los van die naelbed, maar bly geheg langs die kante.

Een van die eerste tekens van 'n los nael is 'n verandering in die kleur van die nael van ligroos tot roomkleurig. Dit is as gevolg van die spasie tussen die naelbed en die naelplaat.

'n Nael-swaminfeksie is wanneer 'n swam in of onder 'n nael gevestig is. Dit kan slegs bevestig word deur middel van 'n laboratoriumtoets. Die nael verander van kleur en daar kan verdikking wees.

Wat veroorsaak dit?

Daar is omtrent 80 moontlike oorsake van los naels, maar die algemeenste oorsake is minder ernstige herhaalde beserings van die naels, byvoorbeeld die impak op die nael by drawwers en baie ander sportsoorte, skoene wat te klein is, deur tikwerk of oorywerige naelversorging, oormatige blootstelling aan water en kontak met chemikalieë.

Dan is daar ook ernstiger oorsake, soos siekte of medikasie, wat mediese hulp vereis. Naelswaminfeksie word deur swamme opgedoen en kan versprei.

Is daar enige gevare?

Vir los naels is die toestande op die naelbed onder die nael warm en klam en gunstig vir 'n swaminfeksie. Lae abnormale selvorming kan op die naelbed plaasvind wat kan lei tot permanente skade of misvorming.

'n Nael-swaminfeksie kan versprei na ander naels of die vel en kan ook lei tot degenerasie van die nael. 'n Los nael is nie aansteeklik nie.

Hoe word dit behandel?

Met die regte behandeling is volkome herstel moontlik. Daar is drie kernstappe in die effektiewe behandeling van albei toestande:

1. Inhibeer swamme en voorkom herinfeksie;

2. Versag die naelbed; en

3. Hou vol met behandeling vir solank dit die nael neem om ten volle te herstel, en verhoed sodoende dat die naelbed opnuut sal verhard of droog word tydens herstel. Solank hierdie toestand so gehandhaaf word en daar geen ander komplikasies is nie, kan die onaangetaste deel van die nael direk agter die los gedeelte opnuut vorentoe groei. Dit is onbelemmer deur 'n uitgedroogte naelbed en geleidelik word die los gedeelte verplaas met 'n gesonde nuwe nael­.

Vir optimale herstel moet die behandeling geskied met 'n produk wat 'n kombinasie het van swaminhiberende en keratolitiese eienskappe.

Moet nooit 'n geïnfekteerde nael se vyl of knipper gebruik op gesonde naels of naeltoerusting deel nie.

Vermy om kaalvoet in openbare plekke te loop.

Groottoonnaels kan tot twee jaar neem om te herstel. Die spoed waarteen die nael groei, sal dus dan ook die hersteltempo van die nael(s) bepaal.

Tree dadelik op as daar tekens van 'n los nael of swaminfeksie is.

Vier wenke om swaminfeksies te voorkom

  • Moet nooit 'n geïnfekteerde nael se vyl of knipper gebruik op gesonde naels of naeltoerusting deel nie.
  • Vermy om kaalvoet in openbare plekke te loop.
  • Groottoonnaels kan tot twee jaar neem om te herstel. Die spoed waarteen die nael groei, sal dus dan ook die hersteltempo van die nael(s) bepaal.
  • Tree dadelik op as daar tekens van 'n los nael of swaminfeksie is.

GEBORG

Fix-4-Nails®

Fix-4-Nails® (F4N) versag die naelbed, opgeboude keratien, stop fungus groei en voorkom herinfeksie tydens die herstelperiode. Dis presies wat naels benodig om NATUURLIK te groei!

Die Fix-4-Nails®formule:

Is dermatologies getoets vir aanwending op sensitiewe vel. Is positief getoets as 'n 'fungatastic' in die bekamping van T.Rubrum (swam mees algemeen in nael-swaminfeksies). Het keratien-versagtende eienskappe wat die naelbed se buigsaamheid herstel.

NB: Daar is slegs een F4N! Kyk vir die oranje-en-groen verpakking en die nommer 4 in die naam!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM