Mooimaak-wenke: Bottergeel nou hoogmode!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: GETTY
FOTO: GETTY

Bekendes soos Haily Bieber het onlangs met 'n bottergeel manikuur op sosiale media gespog. Boonop is die gewilde skakering volop by die mees onlangse modeweke.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Bottergeel is nie 'n kleur wat ons sommer dra nie, maar hier volg oulike wenke om hierdie opbeurende kleur deel van jou voorkoms te maak.

Op jou naels:

By jou volgende naelafspraak, vra jou naeltegnikus vir 'n ligte geel manikuur. 'n Ligte skakering wat soos botter lyk, sal 'n sagte naelvoorkoms skep.

Essie Nail Polish in Meditation (R98)

essence Gel Nail Colour in My Butter Half (R30)

Op jou lippe:

Ja, jy lees reg - daar is oulike lipprodukte in geel landwyd te koop! Maar dis nie noodwendig geel lipstiffie nie, maar eerder geel lipsorgprodukte. Dink maar aan heerlike lipbalsems wat jou lippe voed en bevog. Boonop skep dit 'n subtiele, goue glans op jou lippe wat treffend is.

Clarins Lip Comfort Oil in Yellow (R450)

Laneige Lip Glowy Balm (R440)

Op jou oë:

Ligte geel ooggrimering is 'n lekker manier om met dié tendens te speel. Wees waaghaalsig en dra geel oogskadu oor jou hele ooglid of probeer 'n geel oogomlyner vir 'n meer subtiele oogvoorkoms.

M.A.C Colour Excess Gel Eye Liner (R420)

Op jou wange:

Skep 'n treffende songloed op jou wange met 'n goue verligter. Wend die produk oor jou wangbene, neusbrug, oogbanke en "cupid's bow".

Pixi On-The-Glow Superglow in Gilded Gold (R499)

Fenty Killawatt Freestyle Highlighter (R950)

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

SPELETJIES VANDAG

CTA