Kevin Vicars (34) het 'n tweede kans op die lewe gekry danksy 'n nier wat deur sy pa geskenk is.
Hierdie lewensreddende operasie was die 200ste nieroorplanting wat in die Universiteit van Kaapstad (UK) se private akademiese hospitaal uitgevoer is.
Vicars is met 'n terminale niertoestand gebore en sy dokter het destyds gesê dat hy net 'n paar weke het om te leef.
Sy verpletterde ouers het hom huis toe geneem om hul seun te versorg solank die tyd dit toelaat. Maar Kevin het gelukkige, normale kinderjare gehad, afgesien van die gereelde bloedtoetse wat hy moes ondergaan.
"Om die waarheid te sê, die heel eerste keer dat ek ooit in die hospitaal opgeneem is, was toe ek my eerste oorplanting op agtjarige ouderdom gehad het nadat my gesondheid begin agteruitgaan het.
"Daardie oorplanting het my 'n bykomende 25 jaar gegee, wat baie langer is as wat verwag is met 'n skenkernier.
"Dit het my toegelaat om 'n vol, aktiewe lewe te lei; ek het Suid-Afrika selfs verteenwoordig op die Wêreldoorplantingspele in 2007 in Bangkok, waar ek 'n goue medalje vir muurbal verower het - deels as gevolg van harde oefening, maar ook danksy die ondersteuning van my ouers, prof. Mignon McCulloch en my nefroloog, dr. Piers Stead, wat steeds 'n groot rol in my reis speel," sê hy.
Prof. Elmi Muller, 'n oorplantingschirurg wat by die hospitaal praktiseer, sê die Vicars-gesin is 'n goeie voorbeeld van wat goeie gesondheid kan beteken, nie net vir 'n oorplanting-ontvanger nie, maar ook vir 'n skenker - selfs later in die lewe.
"Kevin se pa, John, is 67 jaar oud, maar hy het hard gewerk om gesond te wees om sy seun die beste moontlike kans met hierdie nieroorplanting te gee.
"Oorplanting is nie altyd haalbaar nie en is nooit 'n maklike proses vir die skenker of die ontvanger nie, maar die handhawing van goeie gesondheid kan die verskil maak," meen sy.
Nou, ná sy tweede oorplanting, wat in April plaasgevind het, omhels Kevin sy volgende hoofstuk met hernude energie.
Hy is reeds besig met fiksheidsoefeninge en hanteer die op- en afdraandes van herstel soos dit kom.
"Dit is 'n proses, maar ek voel goed, en ek is gereed om die lewe by die horings te pak.
"Noudat ek in my 30's is, dink ek daaraan om my te vestig, 'n gesin te begin en meer te reis.
"My pa het my geseën met die geskenk van sy nier en dit gaan self ongelooflik goed. Ek is van plan om hom my dankbaarheid te wys deur my beste lewe te lei," sê Kevin.
Kevin en Muller het die belangrikheid van orgaanskenking beklemtoon en mense aangemoedig om dit te oorweeg.
GEBORG
Vacuhealth

Het jy geweet die Vacurect van Vacuhealth bestaan reeds vir 20 jaar en het FDA goedkeuring as mediese apparaat en dra die CE-merk in Europa?
Hierdie vakuum-apparaat is diskreet, eenvoudig, natuurlik en betroubaar. Erektiele disfunksie (ED) is 'n algemene kwaal onder mans, veral dié met siektes soos diabetes, hoë bloeddruk en prostaatkanker. Hierdie apparaat vorm 'n vakuum in 'n silinder om bloed na die are in die penis te trek en so 'n ereksie te skep.





















