1. Kry genoeg slaap in
Jou lyf het 2 teenstellende hormone: kortisol wat veroorsaak dat jou liggaam vet stoor, en groeihormone wat vet verbrand. Gewoonlik vervaardig jou lyf soggens die meeste kortisol en teen so nege-uur saans, wanneer jy begin vaak voel, die minste. Gaan jy nie nou bed toe nie, skei jou lyf nog kortisol af om jou wakker te hou. Slaap ook lank genoeg, sowat 7 - 9 uur, want groeihormone word dan afgeskei. As jy steeds laat bed toe gaan, neem vroegaand 'n aanvulling wat 'n ontspannende kruiemengsel soos Relora bevat.
2. Vermy alkohol in oormaat
Dit stimuleer jou lewer om biochemiese stowwe af te skei, wat hartaanvalle, diabetes en gewigstoename kan veroorsaak. Jy kan die uitwerking daarvan teëwerk deur anti-inflammatoriese kosse soos borrie en gemmer te eet, of 'n aanvulling soos melkdissel-ekstrak (milk thistle) te neem.
3. Laat jou hart werk
Doen kardiovaskulêre oefeninge sowat 45 minute lank, byna daagliks. Oefening wat jou hart vinniger laat klop, help jou gewig verloor - hoewel nie so baie soos wat ons altyd gedink het nie. Maar jou risiko vir chroniese toestande soos hartsiektes, diabetes en selfs kanker verminder beduidend.
4. Los die trooskos
Kos met suiker en verfynde koolhidrate, soos brood en pasta, vergroot jou risiko vir toestande soos diabetes, hartsiektes en vetsug. Aanvullings soos Garcinia cambogia en chroom kan dalk help om jou liggaam teen die skadelike uitwerking daarvan te beskerm, maar dis steeds beter om dié trooskosse te beperk of heeltemal te vermy
5. Kap stres met 'n ses
Stres kan dodelik wees. Dit vermeerder hormone wat jou bloeddruk opjaag, jou angstiger maak en selfs hartaanvalle veroorsaak. Ontwikkel gewoontes om stres te ontlaai, soos 'n rustige wandeling in die natuur of speel met jou troeteldiere. Of maak komplekse koolhidrate soos heelkorrel-hawermout deel van jou dieet vir 'n konstante bron van die goedvoel-chemikalie serotonien. Kruieaanvullings wat jou lyf teen stres se uitwerking kan help beskerm, is Rhodiola rosea en Ashwagandha.

Draf saam met SARIE!
Vergeet die raad wat jy by "kenners" om die koffiekan kry - ons het met SA se top-kundiges saamgespan en SARIE Draf Dit Af op die beste verslankingsformule gegrond. Skop jou verslankingsreis af en kry 'n splinternuwe lyf in net 12 weke!SARIE Draf Dit Af is 'n aanlyn platform wat geskik is vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamstipes. Dit bevat maklik volgbare weeklikse oefensessies wat vet verbrand en 'n professioneel-ontwikkelde kilojoule-beheerde eetplan. Die twee werk saam om verstommende resultate te lewer. Slegs R499 - SLUIT AAN.












