Hier's die oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees - 'n spesiale dieet na Kersfees soos saamgestel deur geregistreerde dieetkundige, Martie de Wet.*
| DAG 1 | DAG 2 | DAG 3 |
| ONTBYT | ONTBYT | ONTBYT |
| •½ k. gaar hawermout | Omelet met roerbraai | Appel-en-amandelpap |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| •2 Ryvitas | •½ k. vrugteslaai | •½ k. vrugteslaai |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| Tunaslaai | Wortel-en-beetslaai | •3 baba-aartappels |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| •1 medium-vrug | • 6 skywe gedroogde mango | •2 Ryvitas |
| AANDETE | AANDETE | AANDETE |
| Hoender-en-mango-slaai | • 160 g visfilette, gerooster en gegeur met | • 120 g volstruisfilet |
| DAG 4 | DAG 5 |
| ONTBYT | ONTBYT |
| •¼ k. gewone Pronutro (koringvry) | Vrugteslaai |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 appel | •3 hawermout-kraakbeskuitjies |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| • 90 g salm (geblik of vars) | •1 geroosterde hoendersosatie |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 sny koringvrye rogbrood | •1 medium-vrug |
| AANDETE | AANDETE |
| Hoender-roerbraai | Quiche |
Slim wenke
• Probeer elke dag 30 tot 40 minute oefen.
• Gebruik sover jy kan produkte wat so min moontlik verwerk is.
• Begin die dag met ’n beker warm water en vars suurlemoensap of kruietee sonder melk en suiker.
• Hou by gereelde etes en peusel aan vry groentes (bl. 158) as jy honger voel. Die goue reël is om nooit honger te voel nie. Gereelde maaltye sal jou metabolisme aan die gang hou en ook verseker dat jou bloedsuikervlakke nie rondspring nie. Só beheer jy jou aptyt.
Om te weet
“Dis maklik om van die Regruk-eetplan ’n leefwyse te maak,” sê Martie.
“Jy kan stelselmatig van die dinge wat uitgesny is, soos alkohol of koffie, begin terugsit, hoewel jy dit altyd wys moet gebruik. Beperk alkohol tot nie meer as vier drankies per week nie, en probeer om nie meer as drie tot vier koppies koffie per dag te drink nie. Wees steeds versigtig met suiker en probeer steeds wegbly van versoete koeldranke en selfs vrugtesap. “As ’n leefwyse kan jy ook jou etes aanpas deur jou bord in die helfte te deel – die een helfte moet hoofsaaklik uit groente of slaai bestaan. In die ander helfte kom jou stysel, wat nie groter as ’n vuisgrootte moet wees nie, en jou vleis, hoender en vis wat min of meer so groot soos die palm van jou hand moet wees. (Visporsies kan ’n bietjie groter wees.)
"Vry" groentes is
• aspersies • broccoli • Brusselse spruite • kool • blomkool • eiervrug • vlapampoentjies • groenbone • murgpampoentjies • komkommer • eiervrug • rooi, geel of groen soetrissie • blaarslaai • sampioene • pietersielie • radyse • spinasie • sprietuie • tamaties • beet • wortels
Ontgif só
Sluit die volgende uit die dieet om gifstowwe uit te skakel en vertering te vergemaklik:
• Koring en koringprodukte.
• Koffie, tee en kola-drankies, aangesien dit kafeïen bevat.
• Alkohol.
• Vermy suiker, suikerbevattende produkte en ook kunsmatige versoeters.
• Gaskoeldrank.
• Wegneemetes en gebraaide kos of geregte hoog in vet (lees etikette vir 5 g of minder per 100 g).
• Beperk rooivleis in hierdie 10 dae tot die minimum.
• Gebruik min sout gedurende die gaarmaak van kosse en aan tafel. Eksperimenteer wel met speserye.
Martie de Wet: 011 475 7992 of 083 274 7807 - of stuur 'n e-pos na martiedewet@live.co.za
* Die eetplan is in 2010 aan SARIE verskaf deur ’n geregistreerde dieetkundige en mag dalk nie vir almal werk nie. Kontak jou mediese dokter of geregistreerde dieetkundige vir ’n individuele plan vir jou.













