Barlow se sindroom is 'n relatief algemene toestand wat beteken dat daar 'n abnormaliteit van die mitrale klep van die hart is.
Hierdie abnormaliteit kan verhinder dat die klep behoorlik toemaak, wat veroorsaak dat dit lek.
Die mitrale klep is die hartklep wat tussen die twee linkerkamers van die hart lê - die linkeratrium bo en linkerventrikel onder.
Barlow se sindroom is meer algemeen by mense wat ly aan siektes soos Graves se siekte, Marfan se sindroom en rumatiese hartsiekte.
Simptome behels hartkloppings, moegheid, duiseligheid, kortasem, borspyn en migraine.
Die meeste mense ervaar egter geen simptome nie.
Behandeling hang af van die simptome.
- Bron: www.mediclinc.co.za.















