Welstand

Vir die gesondheidsfoendie

Die meeste van ons het altyd die Nuwejaarsvoorneme om gesonder te leef. Helaas kry net sekeres van ons dit reg om heeljaar daarby te hou, en Desember is veral moeilik ...  Maar hier is idees vir diegene wat dié tyd van die jaar steeds hou by die voorneme om gesond te leef. ’n Slim mens begryp gesondheid is sy waardevolste besitting.

- Hippokrates

Maak jou eie jogurt sonder die ekstra suiker

Jogurt-maker, R239, van Clicks

Eet (en drink) lekker gesond

Nutribullet, R1 999 van takealot.com

Groen vingers is goed vir jou

Volgens studies is dit goed vir jou om met groen plante omring te wees. Vir die plantliefhebber is die potplant (R195) van Weylandts net reg.

Natuurlike produkte vir bederftyd

Albei dié produkte van Lush is veganisties en natuurlik: Dit bevat dus geen bestanddele wat van diere af kom nie, asook geen chemies vervaardigde of sintetiese bestanddele nie. The Magic of Christmas Re-Usable Bubble Bar (R95) van Lush.Hou dié stokkie onder 'n lopende kraan terwyl jy badwater intap om ’n skuim-hemel te vorm. Dit bevat kaneel en organiese naeltjie wat jou lyf se sirkulasie aanwakker. 

Lush Shoot For The Stars Bath Bomb (R65). Sodra jy die bal in jou badwater gooi, los dit op en stel verfrissende sitrusgeure vry. Dit bevog ook jou lyf met olyfolie en kakaobotter. 

Nóg geskenkidees

Vir die avontuurlustige

Vir die foodie

Vir die gasheer

Anderste en interessante geskenke

Vir onder 18's

SARIE.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM